Vermy jagluiperds se ‘kroeë’ vir minder veeverliese
Data wys hoe boere kan optree
Navorsers verbonde aan die Leibniz-instituut vir Dieretuin- en Wildnavorsing (IZW) se navorsing toon dat wanneer kleiner soorte vee uit jagluiperds se “uithangplekke” weggeskuif word, veeverliese met ten minste 70% verminder kan word.
Volgens ’n artikel wat vroeër vandeesmaand aanlyn op RESET Digital For Good (en.reset.org) verskyn, het die navorsers, wat meer as 300 jagluiperds van nekbande voorsien het, bespeur dat die roofdiere op unieke maniere kommunikeer – anders as die meeste ander groot katsoorte.
Sentraal tot jagluiperds se kommunikasie is sekere bymekaarkompunte.
Die navorsers het bevind dat as boere hul kleiner vee van dié punte weghou, veeverliese aansienlik verminder.
Hulle meen die bymekaarkomplekke kan vergelyk word met mense se “kroeë” – ’n tipe uithangplek vir jagluiperds.
Tydens hul studie het ’n boer wat gemiddeld 30 kalwers per jaar aan jagluiperds verloor, sy beeskudde weggeskuif van die jagluiperds se bymekaarkomplek. Dit het gewerk en sy verliese het met 86% gedaal.
Die navorsers meen boere kan hul verliese maklik met minstens 70% verminder as hulle weet waar die jagluiperds se kommunikasiepunte of uithangplekke is.
BEDREIG
Die navorsers verduidelik omdat jagluiperds kleiner en ligter prooi verkies, is beeskalwers ook deel van sommige se dieet.
“Die uiteinde is dat talle boere in Namibië hoë veeverliese ervaar. Hulle verloor baie kalwers en baie geld,” verduidelik die IZW se dr. Jörg Melzheimer, wat die roofdiere al vir langer as ’n dekade bestudeer.
Hy sê boere neem die skiet van ’n jagluiperd nie ligtelik op nie en dat hulle dikwels daartoe gedwing word.
“Ek vra altyd aan ’n gehoor: Wie van julle is gewillig om uit jou eie sak €20 000 te gee om ’n spesie te onderhou – selfs ’n bedreigde een?”
Die navorsers verduidelik dat die laaste “lewensvatbare bevolkings” van jagluiperds in Suider-Afrika (meestal Namibië en Botswana) voorkom.
“Hul getalle is egter laag, met net sowat 3 000 individuele diere.
“Hier is hulle die beste aangepas tot plase, waar daar minder mededinging van ander roofdiere soos leeus, luiperds en hiënas is.”
Die navorsers sê indien ’n manier nie gevind word hoe hulle op plase kan oorleef nie, is dié katspesie se dae getel.
NETWERK
Ná baie jare waarin data oor jagluiperds se bewegings ingesamel is, het navorsers ontdek die roofdiere beweeg in patrone wat soos ’n “net” vertoon. Hulle beweeg herhaaldelik op dieselfde paaie om dieselfde bymekaarkomplekke te bereik.
Die navorsers het vasgestel die netwerke en uithangplekke is sentraal tot hoe jagluiperds oor lang afstande kommunikeer. Die roofdiere loop meestal alleen, maar mannetjies en wyfies ontmoet by hierdie punte.
“’n Wyfie sal die uithangplek met uriene merk – gewoonlik ’n boom, of ’n miershoop of ’n klip – en wanneer ’n mannetjie daar verbykom, sal hy weet sy is naby. Hy sal haar in die nag hoor roep en hulle ontmoet dan by een van die bymekaarkompunte,” word verduidelik.
Volgens die navorsing word hierdie bymekaarkompunte dikwels deur verskeie generasies gebruik.
Dis juis hierdie nuwe insig wat nie net help om jagluiperds se gedrag beter te verstaan nie, maar ook boere kan help om minder vee te verloor.
Melzheimer se span is nou ook besig met soortgelyke navorsing oor luiperds.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie