Twee puttoilette vir 400 leerlinge
Ná ses jaar het ’n Rundu-skool steeds nie water, klaskamers
Ses jaar ná sy amptelike registrasie funksioneer die Ngcove Junior Primêre Skool in die Kavango-Oosstreek steeds sonder water, toilette of behoorlike klaskamers.
Onderwysers en ouers sê die skool, wat meer as 400 leerlinge van voorskool tot graad 3 akkommodeer, is aan sy eie lot oorgelaat om te oorleef terwyl leerlinge onderrig in onveilige en oorvol toestande ontvang.
Die skoolhoof, Bernolda Kapunda, het vandeesweek aan Network Media Hub (NMH) gesê die skool is in 2019 by die onderwysministerie geregistreer, maar het nooit ’n permanente gebou ontvang nie. In plaas daarvan het die ouers en onderwysers tydelike strukture met geld uit die skoolfonds gebou.
“Sedert die ontstaan daarvan is die skool sonder water. Ons het ’n watertenk met ons eie skoolfondse gekoop, maar dit is nie genoeg nie. Higiëne is swak omdat meer as 400 leerlinge en 10 onderwysers slegs twee puttoilette deel. Dit is ongesond. Selfs ons as onderwysers – mans en vroue – deel een toilet,” het sy gesê.
ONDERRIG ONDER ’N BOOM
Die skoolhoof het bygevoeg dat graad 1-leerlinge aanvanklik onderrig onder ’n boom ontvang het totdat die winterkoue hulle in een klaskamer gedwing het.
“Nou is daar omtrent 92 leerlinge met twee onderwysers in ’n tydelike struktuur. Die leerlinge sit op bankies wat deur die ouers gebring is.
“Ons bestee die skoolfondse aan die herstel van skoolbanke en stoele in plaas van leermateriaal. Dit is nie hoe die geld bedoel is om gebruik te word nie, maar ons het geen ander keuse nie,” het Kapunda gesê.
Annelie Kapapelo, ’n graad 1-onderwyseres, het tydens ’n besoek van NMH aan die skool, ook gesê ouers offer baie op om hul kinders te laat leer.
“Die meeste van die bankies word deur ouers voorsien. Baie van hierdie kinders is van die San-gemeenskap, sommige het nie skooluniforms, dokumente of selfs behoorlike kos nie. Ander bly tuis omdat hulle maklik siek word in hierdie toestande,” het sy verduidelik.
Ngcove huisves 412 leerlinge, insluitend 89 San-kinders. Kapunda het gesê hierdie leerlinge ontvang geen direkte ondersteuning van die regering nie en die skool maak grootliks staat op die voedingsprogram om die kinders in die klasse te hou.
“Leerlinge eet onder bome, omring deur stof en vullis. Rotte beweeg in die kantoor rond en selfs ons lêers is in gevaar,” het sy gesê.
REAKSIE
Kavango-Oos se hoofonderwysbeplanner, Emilie Sintentu, het in ’n telefoniese onderhoud bevestig dat Ngcove geen permanente geboue het nie.
Sy het gesê ’n driejaarplan sluit konstruksie by die skool in, maar beperkte fondse beteken dat vordering stadig sal wees.
“Ons benodig ten minste 12 klaskamers by Ngcove, maar ons kan hulle nie almal op een slag bou nie. Aankope vir ’n ablusieblok het begin en ons sal klaskamers geleidelik byvoeg, afhangende van die begroting,” het sy gesê.
In April vanjaar het NMH berig die direkteur van onderwys in die streek, Christine Shilima, het erken dit kan meer as vyf jaar neem om die klaskamerkrisis oraloor Kavango-Oos op te los. Sy het gesê die gebrek aan geriewe duur al lank voort, met talle skole wat oorvol is en in onveilige toestande funksioneer.
“Ons probeer ons bes om leerlinge te onderrig, maar sonder behoorlike klaskamers, toilette en water is dit ’n daaglikse stryd,” het Kapunda gesê.
– [email protected] Ses jaar ná sy amptelike registrasie funksioneer die Ngcove Junior Primêre Skool in die Kavango-Oosstreek steeds sonder water, toilette of behoorlike klaskamers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie