Swakopmund-oudit onthul teenstrydighede
Vastebateregister is ‘onvolledig’
Die ouditeur-generaal het 'n ongunstige ouditmening aan die munisipaliteit uitgereik vir die boekjaar wat op 30 Junie 2023 geëindig het.
Die munisipaliteit van Swakopmund se ouditverslag toon teenstrydighede in werknemerkoste van N$14,3 miljoen, langtermyn-debiteure van N$11,6 miljoen, kontantsaldo’s van N$10,8 miljoen en algemene uitgawes van N$6,9 miljoen.
Korttermynbeleggings ter waarde van ongeveer N$112 miljoen is verkeerd geklassifiseer, lui die ouditeur-generaal se verslag, terwyl die munisipaliteit se belegging in Erongo Red, ter waarde van N$135 miljoen nie ondersteunende aandelesertifikate gehad het nie.
Die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het ’n ongunstige ouditmening aan die munisipaliteit uitgereik vir die boekjaar wat op 30 Junie 2023 geëindig het, waarin hy gewaarsku het dat die finansiële state nie die finansiële posisie of prestasie van die munisipaliteit billik weerspieël nie.
Die ouditeure het bevind die munisipaliteit het finansiële state aangebied asof dit opgestel is in ooreenstemming met die internasionale rekeningkundige standaarde vir die openbare sektor (IPSAS), maar in werklikheid is fondsrekeningkunde toegepas, ’n raamwerk wat nie in Namibië erken word nie. Dié teenstrydigheid, tesame met ontbrekende rekeningkundige beleide in die state wat ingedien is, het verwarring geskep en deursigtigheid ondermyn, lui die verslag.
Volgens die oudit is notas met betrekking tot die finansiële state aanvanklik nie verskaf nie. In plaas daarvan is hulle eers gestuur nadat die ouditeure dit versoek het, wat die beste praktyk vir openbare verantwoordbaarheid skend.
BATE-, KONTANTVLOEIPROBLEME
Die vastebateregister is as onvolledig aangedui.
Die verkrygingsdatums, nuttige lewensduur, opgehoopte waardevermindering en waardasiebesonderhede word nie in die register aangedui nie. Die ouditeure kon dus nie die saldo’s van eiendom, aanleg en toerusting (PP&E) verifieer nie.
Oop grond ingevolge IPSAS 17 is ook uitgesluit en geen voorsiening is gemaak vir die rehabilitasie van die munisipale stortingsterrein nie, wat teenstrydig is met die vereistes van IPSAS 19.
Die kontantvloeistaat het niekontant-items, soos waardevermindering van N$10,6 miljoen, met kontantaktiwiteite gemeng, opbrengste uit grondverkope dubbel getel en versuim om rente wat ontvang is van finansieringskoste te skei.
Daarbenewens is ’n staat van veranderinge in ekwiteit glad nie in die finansiële state ingesluit nie.
Kontant- en banksaldo’s het ’n teenstrydigheid van N$10,8 miljoen tussen gerapporteerde syfers en bankbevestigings getoon, wat swak rekonsiliasies uitlig.
TEKORTE
’n Verskil van byna N$7 miljoen is in die BTW (belasting op toegevoegde waarde)-ontvangbare bedrag tussen die munisipaliteit se syfers en die ouditeure se herberekeninge aangeteken.
Bykomende kostes of betalings van Erongo Red het ook ’n verskil van N$1,35 miljoen weerspieël, volgens die verslag.
Die Build Together- en massa-behuisingslenings het ook nie met finansiële staatsaldo’s gebalanseer nie.
Die voorsiening vir slegte skuld was ook onbetroubaar omdat die debiteure-ouderdomsanalise nie ooreengestem het met die munisipaliteit se eie verklaarde rekeningkundige beleid nie, wat ouditeure verhinder het om die toelaag te herbereken.
WERKNEMERKOSTE Die werknemerkoste wat teen N$233,1 miljoen bekend gemaak is, was minder as die salarisregister se N$247,5 miljoen, wat ’n gaping van N$14,3 miljoen geskep het.
Die voorsiening van skeidingskoste ter waarde van N$21,8 miljoen is ook direk na reserwes oorgeplaas, eerder as om as uitgawes aangeteken te word.
Algemene uitgawes het berekeningsfoute van N$6,97 miljoen getoon, waar bedrae wat in die state gerapporteer is nie met ouditeure se herberekeninge ooreengestem het nie, lui die verslag.
Korttermynbeleggings van N$111,9 miljoen is verkeerdelik as beleggings eerder as kontantekwivalente geklassifiseer, ten spyte daarvan dat hulle ten volle toeganklik en maklik omskepbaar was.
Intussen kon die munisipaliteit se belegging in Erongo Red, ter waarde van N$135,5 miljoen, nie geverifieer word nie, omdat die munisipaliteit nie ’n aandelesertifikaat kon voorlê nie.
NIENAKOMING
Die oudit het gevalle van nienakoming van die wet gevind. Die BTW-opgawes vir Februarie tot Maart 2023 is ’n maand te laat by die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) ingedien, ’n oortreding van die BTW-wet.
Die munisipaliteit het ook die statutêre sperdatum misgeloop om sy jaarlikse finansiële state by die ouditeur-generaal in te dien en het dit op 5 Desember 2023 in plaas van binne drie maande voor jaareinde ingedien.
Die ouditeur-generaal se verslag het bygevoeg dat die munisipaliteit se finansiële state vir 2023 wesenlik wanvoorgestel en onbetroubaar is.
Kandjeke het die volgende aanbevelings gemaak: Vir die dorpsraad om ’n goedgekeurde rekeningkundige raamwerk aan te neem soos deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling aangedui is; rekeningkundige beleide en notas in ingediende rekeninge volledig openbaar te maak; die vastebateregister volgens IPSAS-standaarde op te dateer; BTW behoorlik te balanseer, werknemerkoste en bybetalings behoorlik te rekonsilieer; kontant en beleggings korrek te herklassifiseer; en dokumentêre bewyse vir beleggings soos Erongo Red te verskaf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie