SAFETY: Ambassador of Germany to Namibia Dr. Thorsten Hutter hands over the keys of the vehicles to tourism minister Pohamba Shifeta. Photo: ELLANIE SMIT
SAFETY: Ambassador of Germany to Namibia Dr. Thorsten Hutter hands over the keys of the vehicles to tourism minister Pohamba Shifeta. Photo: ELLANIE SMIT

Stropers

Voertuie, toerusting geskenk
Ellanie Smit
Altesaam 46 renosters is sedert die begin van die jaar in die Etosha Nasionale Park gestroop, waarvan 35 swart­renosters en 11 witrenosters is.

Die minister van die ­omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het dit gister gesê tydens die oorhandiging van 21 4x4-voertuie en een sedanvoertuig asook IT-toerusting ter waarde van sowat N$19,8 miljoen vir ­wildbeskerming onder die ­Integrated Wildlife Protection Management-projek wat deur die Duitse regering se KfW-ontwikkelingsbank gefinansier word.

Volgens Shifeta het ­arrestasies wat verband hou met ­renoster- en olifantstropery van 143 verlede jaar tot 91 vanjaar ­afgeneem. Misdade wat met ietermagôs verband hou, het ook van 60 gevalle verlede jaar tot 30 vanjaar gedaal.

Hoewel strategieë heroorweeg is, personeelgetalle versterk is, opleiding teen stropery gegee is en daar in nuwe veldwagterstasies belê is, meen Shifeta dat die stryd teen georganiseerde internasionale stropersindikate uitdagend bly solank as wat die internasionale aanvraag nie opdroog nie.

“Ons landelike gemeenskappe sukkel steeds finansieel en die huidige droogtetoestande het hulle selfs meer kwesbaar gemaak vir uitbuiting deur sindikate.”

Hy het ook bygevoeg dat die stygende lewenskoste weens inflasie ook hierdie kwessies vererger het.

SKENKING

Shifeta het ook genoem dat die bykomende patrollievoertuie veral sal help om te verseker dat eenhede hulle reaksietyd kan verminder.

Hy het gesê dat die geskenkte IT-toerusting hul vermoëns sal verbreed om die administratiewe uitdagings van wildbeskerming te hanteer, asook die monitering en aanmelding van patrolliepogings sal verbeter om die impak van die geld wat in die wildbeskermingsdienste belê is, te demonstreer.

“Hierdie items sal ons vermoë aansienlik verbeter om wild te beskerm en ons nasionale parke te bestuur.”

Hy het gesê dat die geskenkte voertuie ook die veiligheid van personeel sal opskerp wanneer hulle op patrollie is.

“Ek het persoonlik gesien waardeur veldwagters gaan wanneer hulle in die veld is.”

Shifeta het gesê dat die toerusting wat hulle ontvang het nie net ’n skenking is nie, maar ’n belegging in die toekoms van Namibië se natuurlewe, sy natuurlike erfenis en sy mense.

“Dit sal ons pogings tot bewaring en wetstoepassing versterk en ons nader bring aan ons doelwit om te verseker dat geen wilde dier onwettig in ons land doodgemaak word nie.”

Die ambassadeur van Duitsland in Namibië, dr. Thorsten Hutter, het gesê dat Namibië een van die toplande ter wêreld is wat die beskerming van sy biodiversiteit betref.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!