Tussen 80 en 90 werkers van die dorpsraad op Rehoboth staak reeds sedert Woensdag en word daarvan beskuldig dat hulle die dorp gyselaar hou. Foto Wikipedia
Tussen 80 en 90 werkers van die dorpsraad op Rehoboth staak reeds sedert Woensdag en word daarvan beskuldig dat hulle die dorp gyselaar hou. Foto Wikipedia

Stakende werkers hou Rehoboth gyselaar

Minister sê nee vir 4%-verhoging
Die staking van dorpsraadwerkers duur reeds byna 'n week voort terwyl sommige inwoners van Rehoboth sonder krag of water moet klaarkom.
Ronelle Rademeyer
“’n Staking is ’n staking. . . Ek sal dit nie sabotasie noem nie.”

Só het mnr. Lesley Mosegedi, woordvoerder van die nagenoeg 90 stakende werkers van die dorpsraad op Rehoboth, gister gereageer op beskuldigings dat hulle doelbewus stappe doen om water- en elektrisiteitsvoorsiening aan sekere woonbuurte op die dorp te verhinder.

Verder maak die staking dit vir minstens 40 persent van die dorp se 60 000 inwoners wat vooraf vir water betaal, onmoontlik om toegang tot dié diens te kry.

Mnr. Justin Coetzee, een van die dorp se sewe raadslede, het aan Republikein gesê die stakende werkers hou die dorp gyselaar en saboteur dienslewering.

Hy sê Blok F was sonder water en nadat dit aangeskakel is, het die stakers dit weer gesny.

“Dit is eindelik danksy gemeenskapsingryping weer aan, maar die stakers verhoed die aanskakeling van die elektriteitstoevoer na Blok C en Blok D. Die stakers wil nie die sleutel gee wat ons nodig het om weer die krag aan te skakel nie,” sê hy.

Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) se lede by die Rehoboth-dorpsraad staak sedert 29 Junie omdat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling nie die loon- en salarisverhoging van 4% wat hulle eis, wil goedkeur nie.

Dit is reeds einde verlede jaar deur die bestuurskomitee goedgekeur, maar minister Erastus Uutoni het op 16 Junie vanjaar skriftelik opdrag gegee dat nie een van die 58 plaaslike owerhede vanjaar verhogings mag toestaan nie.

Die rede daarvoor is die groot bedrae geld wat plaaslike owerhede aan die nasionale krag- en watervoorsieners, NamPower en NamWater, verskuldig is.

Volgens Coetzee skuld Rehoboth se dorpsraad N$150 miljoen aan NamPower en N$30 miljoen aan NamWater.

UPM BEKOMMERD OOR SITUASIE

Intussen het die United People’s Movement (UPM) se mnr. Jan van Wyk gesê dié party is bekommerd oor die situasie op Rehoboth en veroordeel die feit dat die lynministerie nie betyds ingegryp en die geskil besleg het voordat dit in ’n staking oorgegaan en die inwoners van die dorp verontrief het nie.

Die UPM het ook in ‘n verklaring die burgemeester, mnr. Enrico “Toes” Junias, se besoek aan Turkye en twee ander raadslede, mee. Amanda Groenewald en Joey Hammerslaght, se Europese vakansie terwyl Rehoboth soos die spreekwoordelike Rome brand, veroordeel.

Junias, wat gister weer terug was op kantoor, het in ’n plasing op Facebook teruggekap na Van Wyk en gesê sy oorsese besoek “om geld vir die dorp te werf”, is ’n maand gelede al gereël toe daar nog geen sprake van ’n staking was nie.

Hy het gistermiddag in ’n telefoniese onderhoud aan Republikein gesê hy was intussen met Uutoni in gesprek, wat dit duidelik gemaak het die ministerie sal nié die verhoging toestaan nie, al is dit deur die bestuurskomitee goedgekeur.

“Ons het ’n dooiepunt bereik en ek onderhandel met die stakers oor die lewering van dienste. Daar is inwoners wat al van verlede Woensdag af nie water het nie en ons kan dit nie toelaat nie.”

Junias sê die stakers kan nie inwoners se reg op dienste as ’n bedingingsinstrument gebruik nie.

Mosegedi hou vol die ministerie kan nie die verhoging afkeur nie, aangesien dit vir die 2021-’22-boekjaar is en die minister eers in Junie ’n stokkie voor verhogings gesteek het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.06/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.86/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 1 036.23/OZ UP +3.48% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.06/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.86/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 1 036.23/OZ UP +3.48%