Sopkombuis sukkel

Clemans Miyanicwe

Clemans Miyanicwe - Daar is dae waar daar niks is om vir Kalkrand se kwesbare kinders as maaltyd voor te sit nie.

“Gister het ons niks vir die kinders voorberei nie. Ons moet soms dae oorslaan weens ’n tekort aan kos,” sê die 59-jarige Magreth Garises, stigter van die Hearty Hands-sopkombuis op die dorp.

Margreth het die sopkombuis vier jaar gelede gestig nadat sy die dringende behoefte aan ondersteuning in die plattelandse gemeenskap raakgesien het.

Die sopkombuis voorsien etes aan sowat 100 kinders en verskeie bejaarde inwoners in die gemeenskap wat deur hoë werkloosheid geteister word. Kalkrand het ’n bevolking van sowat 1 600 inwoners, met baie inwoners wat op vee- en beesboerdery vir hul lewensbestaan staatmaak.




Kommentaar

Republikein 2026-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer