Meatco voer beesvleis na uitsoekmarkte in die buiteland uit en dit is vir Namibiese produsente belangrik om toegang tot daardie markte te behou. Foto Meatco
Meatco voer beesvleis na uitsoekmarkte in die buiteland uit en dit is vir Namibiese produsente belangrik om toegang tot daardie markte te behou. Foto Meatco

Skuldlas kan Meatco se doodskoot wees

LPO vergader met bestuur oor ‘benarde finansies’
Beesvleisprodusente sê die volhoubaarheid van die uitvoerwaardeketting is kernbelangrik vir stabiliteit in die bedryf, en vrees Meatco kan dit nie bied nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

Bekommerde beesvleisprodusente behoort binnekort by ’n tegniese vergadering “deursigtige antwoorde” oor die finansiële volhoubaarheid van Meatco, die land se grootste vleisverwerker en uitvoerder van beesvleis, te kry.

Laasgenoemde het verlede week ingestem om inligting te verskaf oor sy sakeplan, enorme skuldlas, operasionele koste en die inkomste wat hy uit verkope in internasionale markte verdien.

Dit volg nadat die bestuur van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) en die Namibië Landbou-unie (NLU) verlede week met die bestuur van Meatco oor sy benarde finansiële situasie en toekomsplanne gesels het.

’n Onafhanklike geoktrooieerde rekenmeester, mnr. Rainer Ritter, het op 3 Februarie in ’n verslag aan die vleisbedryf uitgewys die verwagting is dat Meatco in die 2021-’22-boekjaar ’n verlies van sowat N$155 miljoen sal ly. Verder word verwag die ouditeurs se gekwalifiseerde mening sal wees dit is nie meer ’n lopende saak nie.

Hy wys in sy verslag daarop Meatco se kontantvloei was reeds in 2021 geweldig onder druk en dit sal vanaf Mei vanjaar erger word wanneer die hy sy skuld by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) moet begin delg.

Meatco het die afgelope jare ver­skeie lenings by DBN aangegaan. Eers N$100 miljoen vir sy voerkrale, toe N$50 miljoen om beeste aan te koop en in 2020 het Meatco ’n verdere N$250 miljoen by DBN geleen waarvoor die regering ’n waarborg verskaf het, sê ’n ingeligte bron. Laasgenoemde bedrag was onder meer om sy skuld by handelsbanke af te los.

Republikein het betroubaar verneem Meatco se bestuur het onlangs by die tesourie bakhand gaan staan vir finansiële hulp van meer as N$100 miljoen om sy kontantvloei-situasie te verbeter.

Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s), het by navraag gesê die tesourie sal nie vir hulle geld of ’n waarborg gee nie, “tensy hulle natuurlik met ’n lewensvatbare sakeplan vorendag kan kom”. Jooste sê dié plan moet die vertroue skep dat hulle “’n tasbare strategie het wat kommersiële volhoubaarheid sal herstel”.

Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die LPO, sê hoewel produsente bly is oor die goeie pryse wat Meatco op die oomblik betaal, is hulle baie bekommerd oor die volhoubaarheid daarvan.

Hy sê hulle wil ook die meganisme verstaan wat gebruik word om produsentepryse vas te stel.

PRODUSENTEPRYS

Die gemiddelde produsenteprys het in 2021 met 25,3% gestyg, toon Ritter se verslag. Hy wys daarop die rede vir die hoë pryse is die prysoorlog tussen Meatco en Beefcor, die abattoir op Okahandja. Dit sal na verwagting voortduur tot Meatco se kontantvloei hom dwing om dit heroorweeg, of tot hy daarin kan slaag om meer operasionele kapitaal geleen te kry, sê Ritter.

“N$63 per kilogram is ’n uitstekende prys, maar ons as produsente moet bemarkingsekerheid oor die lang termyn hê. Daarom wou ons by Meatco weet hoe volhoubaar hierdie prys is,” sê Pretorius met verwysing na die rekordhoë prys wat onlangs aangebied is. Dit het intussen teruggesak tot N$59 en N$58 per kilogram, afhangend van die gradering van die karkas.

Pretorius sê volgens inligting beloop Meatco se verlies teen dié hoë produsentepryse tans meer as N$1 000 per karkas.

“Die volhoubaarheid van die beesuitvoerwaardeketting is kernbelangrik vir stabiliteit in die bedryf,” hy tydens die besoek aan Meatco benadruk.

Hy het die volhoubaarheid van die pryse tans bevraagteken en gesê dit is nie in pas met die operasionele koste en hoeveelheid slagbeeste wat vir 2022 beskikbaar is, of die pryse wat in internasionale markte betaal word nie.

Volgens hom het die LPO het reeds twee jaar gelede ‘n gesprek met Meatco oor sy finansiële posisie versoek.

“Die LPO is bly dat Meatco hierdie versoek nou toegestaan het. Om die volhoubaarheid te verstaan, sal hierdie tegniese vergadering deursigtige antwoorde moet verskaf oor die huidige sakeplan, skuldposisie, operasionele koste en inkomste-realisasie in internasionale markte,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%