Sekuriteitswag bly agter tralies na hy kollega glo wond
Phillipus Josef
‘n Sekuriteitswag van Namibian Protection Services (NPS), Hamutenya Kanjimi (33), het Woensdag in die Rundu-landdroshof verskyn nadat hy daarvan beskuldig is dat hy kontant van N$241 150 van sy werkgewer gesteel het.
Volgens landdros Sonia Somupofu het die beskuldigde op 8 September omstreeks 4:00 by die NPS-kantore in Rundu, by die maatskappy se perseel ingebreek met die doel om te steel.
Hy het na bewering die kontant, wat in die wettige besit van NPS was, geneem. Die gesteelde geld is nog skoonveld en slegs twee leë kontanttrommels is teruggevind.
Kanjimi staan ook tereg op ‘n aanklag van poging tot moord, nadat hy na bewering skote met ‘n pistool op ‘n ander sekuriteitswag aan diens afgevuur het, wat in die proses beseer is.
Die datum vir Kanjimi se tweede verskyning is nog nie vasgestel nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie