San op soek na uitsluitsel oor erfenisgrond
Wyle opperhoof se graf onder loep
Die Hai//om-San oorweeg regstappe om die regering te dwing om toegang tot voorvaderlike grond te verkry.
Augetto Graig
Die San-bevolking wil hê die regering moet ingryp by die kwessie van die finale rusplek van wyle Gaob Fritz Aribeb, die voormalige opperhoof van die Hai//om-San in Namibië.
Opperhoof Annanias Soreseb sê sy mense oorweeg dit om die regering hof toe te sleep oor die beperkte toegang tot die plek waar die Duitse koloniale magte in Suidwes-Afrika in 1904 vir Aribeb en sy twee seuns doodgeskiet het.
“Dis hulle wat die fout gemaak het en hulle moet dit regstel,” dring hy aan.
Dié plek is op die plaas Okorusu 88 waarop die hervestigingsbegunstigde me. Thusnelda Hugon sedert 2014 op boer, en sedertdien al verskeie geboue en krale gebou het. Sy en haar oorlede man het ’n suksesvolle boerdery bedryf.
Die graf is vermoedelik in die middel van ’n mielieland, maar dít is nog nie met sekerheid vasgestel nie.
Sy sê die Nasionale Erfenisraad het voorheen wetenskaplikes van die Universiteit van Namibië (Unam) ingespan om ondersoek in te stel. Die wetenskaplike kon net oorskot opspoor wat jonger as 50 jaar oud is, en is sonder enige bevindinge weer weg.
Soreseb sê hulle het reeds in 2011 aansoek by die Erfenisraad gedoen om die graf te laat erken. Die raad se sekretariaat sê egter hulle het eers in 2018 die aansoek ontvang en geen vordering is gemaak nie aangesien die inligting wat verskaf is, onvolledig was.
Me. Erica Ndalikokule het op 3 Junie ’n vergadering op Otjiwarongo belê om belanghebbers saam te roep om dié kwessie te bespreek.
Volgens die onderhoofman van die Hai//om-San, Joseph /Gomoseb, was verteenwoordigers van die San nie in hul noppies om te hoor die kwessie van toegang tot die spesifieke plek op die plaas Okorusu 88 hang van Hugon – as eienaar van die grond – af nie.
Soreseb sê sy het twee keuses ter tafel gelê; die eerste is om ’n afgeleë plek vir San-seremonies af te baken wat jaarliks op 10 Desember gehou word; of dat die regering haar moet vergoed en hervestig.
Hy sê Ndalikokule het die vergadering gehalt toe die besit van die grond geopper is.
Sy het vrae na die Erfenisraad se bestuurskomitee verwys. Die komitee kon egter nie bevestig of die graf wel nog bestaan nie, of dit van historiese waarde is nie, en of dit ’n nasionale erfenis sou wees nie.
Volgens die bestuurskomitee moet ’n spesifieke proses gevolg word, en inligting word vereis soos volgens die nominasieriglyne ingevolge Erfeniswet nommer 27 van 2004.
“Dié spesifieke nominasie is in 2018 ontvang, maar die lêer was onvolledig. Die sekretariaat kan nie aan die lêer begin werk voordat dit voltooi is nie, vandaar die konsultasie met die benoemer op 3 Junie 2022. Ons is dus nie by magte om enige verdere vrae oor die aangeleentheid te beantwoord nie,” het die komitee teruggeskryf.
Intussen sê Hugon sy en haar man het jare se werk en al hul geld in die plaas geploeg. As die San haar weg wil hê, “dan sal hulle na die regering toe moet gaan en die regering sal my moet vergoed,” sê sy.
“Dit sal hulle ’n plaas se prys kos,” het Hugon gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie