San ontevrede met N$500 per maand

Voeldselbank beëindig
Die hervestigde San-gemeenskap sê die lewe raak onmoontlik.
Kenya Kambowe
Die San-gemeenskap wat by Nkurenkuru woon, sê met die stygende voedselpryse is die N$500 maandelikse toelaag wat hulle van die staat ontvang, nie naastenby genoeg om hulle te onderhou nie.

Na die beëindiging van die voedselbank het die regering besluit om die maandelikse kospakkies te vervang met ’n basiese inkomstetoelaag van N$500 per huishouding.

Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het onlangs ’n San-gemeenskap besoek wat na die noordelike grensdorp Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek hervestig is. Die gemeenskap het teleurstelling uitgespreek en sê dis onmoontlik om op N$500 per maand te oorleef. Die groep meen die inflasiekoers van veral voedselpryse styg eenvoudig te vinnig.

Hulle het aangevoer dis ’n bekende feit dat lede van dié gemarginaliseerde gemeenskap nie vaardig of opgelei vir die sakewêreld is nie en dat dit moeilik is om werk te kry. Hulle verwag dat die regering hulle meer geld moet gee indien die voedselbank nie onderhou kan word nie.

Een inwoner sê hulle het vier of vyf kinders en die lewe raak onmoontlik.

“Om eerlik met jou te wees, die toelaag wat ons kry, is nie genoeg nie. Hoe kan ’n gesin van ses van N$500 per maand oorleef? Behalwe om kos te koop, moet ons ook toiletware koop en die kinders het talle behoeftes. Die regering het dié keer nie mooi gedink nie,” het die bron opgemerk.

’n Ander bron sê hulle word gedwing om los werkies te doen soos om in die mahangu-velde te werk van mense wat hulle nie ’n ordentlike loon betaal nie.

MINISTERIE VERDUIDELIK

Die gemarginaliseerde gemeenskap val onder die sorg van die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en kinderwelsyn.

By navraag vir kommentaar het die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Esther Lusepani, gesê die N$500 per maand sedert die sluiting van die voedselbank is bereken op grond van die begroting wat vir die voedselbank bedoel was. Die huidige reëling sal vir die volgende drie jaar van krag wees.

“Die toelaag se bedrag is op die begroting van die voedselbank bereken, omdat ons nie ’n bykomende inkomste van (die ministerie van) finansies ontvang het nie.

"Ons is net toegelaat om die geld wat ons het, te gebruik. Ons sal hierdie jaar en die volgende twee jaar, dieselfde bedrag ontvang. Ons kan net bestee wat ons vir die voedselbank ontvang het," het sy verduidelik .

Lusepani sê hulle het wel konsultasies met begunstigdes van die voedselbank oor die N$500-toelaag gehad.

Die regering het in 2020 sinkhuise vir die groep San-mense opgerig, maar van beloftes van grondbesit of toiletgeriewe het nog niks gekom nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022