Ruth Rainbow kry boekies
Die African Child Development Trust (ACDT) het gister sy voortgesette vennootskap met die Capricorn Stigting vir die volgende vier jaar gevier deur opvoedkundige boekies by die Ruth Albrecht Rainbow Skool in Windhoek te oorhandig. ACDT was een van die eerste projekte met wie die stigting sedert 2015 ’n vennootskap gesluit het. ACDT versprei maandeliks 60 000 opvoedkundige boekies vir vroeë kinderontwikkeling in al 14 die streke. Tot op hede is 14 miljoen boekies versprei wat graad 1- tot graad 3-leerlinge help om kritieke vaardighede aan te leer. Kliek hier: https://q.my.na/FNW3


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie