• Tuisblad
  • Plaaslik
  • Rundu-dorpsraad ontken bewerings van wanbestuur Rundu-dorpsraad ontken bewerings van wanbestuur
Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het gister die bewerings verwerp en dit as misleidend en gebaseer op onvolledige inligting beskryf. Foto verskaf
Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het gister die bewerings verwerp en dit as misleidend en gebaseer op onvolledige inligting beskryf. Foto verskaf

Rundu-dorpsraad ontken bewerings van wanbestuur Rundu-dorpsraad ontken bewerings van wanbestuur

Phillipus Josef
Bewerings van vermiste miljoene en vertraagde betalings aan kontrakteurs het die dorpsraad van Rundu se boorgatprojek onder die ­vergrootglas geplaas.



Dit kom namate kommer onder sommige toeneem oor die bestuur van die N$16 miljoen-begroting vir watervoorsiening.



Dokumente wat Network Media Hub (NMH) verlede week onder oë gehad het, dui daarop dat sowat N$7 miljoen oorbly van die begrotingstoewysing vir die boor en ­installering van boorgate oraloor Rundu. Vyf kontrakteurs is na ­bewering aangestel om die projek in fases te voltooi.



Verskeie bronne met kennis van die proses het egter vandeesweek beweer dat betalings vir die finale fases vir weke vertraag is, wat sommige kontrakteurs onseker laat oor wanneer hulle betaal sal word.



Sommige raadslede het ook ­vertroulik onlangse salarisvertragings aan beweerde kontantvloeitekorte gekoppel, te midde van ­bewerings dat ’n deel van die N$7 miljoen moontlik nie ­rekenskap voor gegee kan word.



Die boorgatprojek is deel van ’n regeringsinisiatief wat deur die ministerie van stedelike en lande­like ontwikkeling gefinansier word, wat geld aan plaaslike owerhede soos die Rundu-dorpsraad verskaf om die waterinfrastruktuur te verbeter.



Die projek is aan die raad toegeken om boorgate in ­geraakte gebiede te boor en te installeer om wateruitdagings waarmee ­inwoners te kampe het, te verlig.



‘MISLEIDENDE BEWERINGS’



Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het gister die bewerings verwerp en dit as misleidend en gebaseer op onvolledige inligting beskryf.



“Ek het geen formele klagtes van kontrakteurs ontvang nie,” het hy gesê.



“My kantoor het geen e-pos of brief gesien wat opvolg oor betalings of enige ander kwessies van daardie aard nie,” het Nathanael in ’n telefoniese onderhoud aan NMH gesê.



Hy het volgehou die projek is steeds op koers en dat rekenskap van elke sent van die finansiering gegee kan word.



“Die kwessie van sewe miljoen is nie hoofsaaklik waar nie. Die dokument wat gedeel is, het sommige syfers weggelaat, insluitend professionele fooie vir die ingenieurs wat die ontwerp en kosteberekening gedoen het. Ons moet hulle betaal, maar dit is nie weerspieël in die konsep wat jy gesien het nie,” het hy gesê.



WERKNEMERS BETYDS BETAAL



Nathanael het beklemtoon geen fondse het uit die raad se koffers verdwyn nie.



“Rekenskap kan gegee word van elke sent wat ons van die ministerie ontvang het. Dit sou onprofessioneel wees om voor te stel dat daar nie rekenskap gegee kan word van openbare geld nie,” het hy gesê.



Nathanael het bevestig boorwerk op verskeie terreine is voltooi, maar het gesê dat installasie nog uitstaande is weens vertragings in die verkryging van infrastruktuur soos verhoogde watertorings.



“Terwyl ons praat, vind daar ’n vergadering by die goewerneur se kantoor plaas om die verkryging van die torings te bespreek sodat die installasie kan voortgaan,” het hy gesê.



Wat die beweerde vertragings in salarisse betref, was Nathanael se reaksie dat alle werknemers betyds betaal is. Volgens hom is die verspreide vrystelling (staggered release) van betalings te wyte aan interne prioritisering.



“Daar was geen vertragings nie. Sommige is vroeër betaal, ander later die middag of die volgende oggend. Die fondse is in volgorde van prioriteit vrygestel om ouditprobleme te vermy,” het hy verduidelik.



[email protected] Bewerings van vermiste miljoene en vertraagde betalings aan kontrakteurs het die dorpsraad van Rundu se boorgatprojek onder die ­vergrootglas geplaas.



Dit kom namate kommer onder sommige toeneem oor die bestuur van die N$16 miljoen-begroting vir watervoorsiening.



Dokumente wat Network Media Hub (NMH) verlede week onder oë gehad het, dui daarop dat sowat N$7 miljoen oorbly van die begrotingstoewysing vir die boor en ­installering van boorgate oraloor Rundu. Vyf kontrakteurs is na ­bewering aangestel om die projek in fases te voltooi.



Verskeie bronne met kennis van die proses het egter vandeesweek beweer dat betalings vir die finale fases vir weke vertraag is, wat sommige kontrakteurs onseker laat oor wanneer hulle betaal sal word.



Sommige raadslede het ook ­vertroulik onlangse salarisvertragings aan beweerde kontantvloeitekorte gekoppel, te midde van ­bewerings dat ’n deel van die N$7 miljoen moontlik nie ­rekenskap voor gegee kan word.



Die boorgatprojek is deel van ’n regeringsinisiatief wat deur die ministerie van stedelike en lande­like ontwikkeling gefinansier word, wat geld aan plaaslike owerhede soos die Rundu-dorpsraad verskaf om die waterinfrastruktuur te verbeter.



Die projek is aan die raad toegeken om boorgate in ­geraakte gebiede te boor en te installeer om wateruitdagings waarmee ­inwoners te kampe het, te verlig.



‘MISLEIDENDE BEWERINGS’



Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het gister die bewerings verwerp en dit as misleidend en gebaseer op onvolledige inligting beskryf.



“Ek het geen formele klagtes van kontrakteurs ontvang nie,” het hy gesê.



Kommentaar

Republikein 2025-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer