FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Rehoboth (bly) in die rooi

Laste oorskry bates
Die ouditeursverslag verwys herhaaldelik na 'onverklaarbare verskille' op state wat telkens etlike miljoene Namibiese dollar beloop.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Opgehoopte tekort van byna N$37 miljoen en laste wat bates ver oorskry.

Dit is die powere prentjie wat deur die ouditeur-generaal van die Rehoboth-dorpsraad se rekeninge geskets word wat vir die tydperk 2017 tot 2019 pal in die rooi gebly het.

Die finansiële state is ook laat ingedien en nie, soos ingevolge die wet op plaaslike owerhede, drie maande ná die finansiële jaareinde nie.

Die raad het nie ’n bateregister gehad nie, wat dit moeilik gemaak het om die akkuraatheid en volledigheid van bates te bepaal wat wel aangeteken is.

’n Ou waardasierol is ook gebruik vir die bepaling en betaling van tariewe en belasting, terwyl ’n nuwe rol reeds in 2015 afgekondig is. Dié tariewe is vir die sak van die dorpsraad. Geen voorraadopname en verwante waardasie is in enige van die drie boekjare wat in die verslag vervat is, gedoen nie. ’n Opname van water in reservoirs, sowel as gedienste en ongedienste grond wat te koop aangebied word, is ook nie aangeteken nie.

Die verslag verwys herhaaldelik na “onverklaarbare verskille” op van die dorpsraad se betaalstaat, belasting op toegevoegde waarde, kontant en huislenings tot inkomste wat telkens etlike miljoene Namibiese dollar beloop.

Geen rekonsiliasies is op die dorpsraad se bankrekeninge gedoen nie, wat tot onverklaarbare verskille tussen die bankstaatsaldo’s en die algemene grootboek van byna N$100 miljoen vir die drie jaar gelei het.

Dieselfde gebrek aan rekonsiliasie en stawende dokumente geld vir die raad se tussenrekeninge waarvan die bedrae gewissel het van N$66 miljoen in 2017, N$108 miljoen in 2018 en N$80 000 in 2019. Dieselfde deuntjie van ’n gebrek aan rekonsiliasie en ondersteunende dokumente is in die verslag aangeteken by huis- en dienslenings, deposito’s en uitgawes. Dit sluit ’n gebrek aan enige goedkeuringsdokumente in. Die inkomste van die verkoop van erwe in 2019 het op N$471 230 gestaan, maar is aangeteken op ontvangs en nie, soos vereis word, eers met die oordrag van die eiendom nie. Geen lys of register van erwe of eiendomme wat verkoop is, is ingedien om die verwante inkomste te ondersteun nie.

Met verwysing na tariewe vir water, vullisverwydering en elektrisiteit is die verkeerde tariewe in die verwante finansiële jare gehef.

Grootmaatkrag- en wateraankope sowel as sagteware-uitgawes is op ’n kontantbasis eerder as op ’n opgeloopte basis aangeteken. Oor die dorpsraad se kontantvloei verwys die verslag opnuut na “onverklaarbare rekeninginskrywings”.

Die verslag maak dit duidelik die bestuur van die dorpsraad is verantwoordelik vir die voorbereiding en regverdige aanbieding van die finansiële state in ooreenstemming met aanvaarbare standaarde en wetgewing.

Die dorpsraad se bestuur het ook die verantwoordelikheid om die entiteit se vermoë te bepaal om sake te kan doen.

“Diegene wat met bestuur belas is, is verantwoordelik om toesig te hou oor die entiteit se finansiële verslagdoeningsproses,” lui die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.24/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 956.60/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0129 | Platinum US$ 996.44/OZ UP +1.13%