Potjies prut vir bejaardes

Henriette Lamprecht
Dit was ’n gewemel en ’n gekook Saterdag by die Altersheim op Otjiwarongo waartydens spanne hul vernuf met ’n potjie gewys het om fondse vir dié dorp se ouetehuis in te samel.



Na ’n lang dag van proe, het die beoordelaars besluit Rinette van der Merwe en Kurt Heansel (en hul handlanger DP) se skaap- en groentepot is die wenner. Ruth en Theo Brockmann was kort op hul hakke met ’n vark- en groentepot en Mathias en Helene Kreitz se pot met hoender en groente in die derde plek. Rencia, Bennie en Kelsey, ofte wel die 3Malles & ’n pot, en RaaiRaaiRiepa@Summervibes se Elmarie, Ben en Paul het die lekkerste kuierstalletjies met die meeste besoekers gehad.



Die dag was so ’n sukses dat daar sommer daar en dan besluit is ­volgende jaar word daar weer so gemaak.



[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer