Die Rundu-polisiekantoor. Foto Phillipus Josef
Die Rundu-polisiekantoor. Foto Phillipus Josef

Polisieselle (steeds) te vol

Phillipus Josef
Phillipus Josef

Die aanhoudingselle by die polisiekantoor op Rundu wat ontwerp is om net 100 gevangenes te huisves, akkommodeer tans 200 gevangenes.

Die stasiebevelvoerder, hoofinspekteur Hermine Muranda het aan Network Media Hub (NMH) die oorvol selle bevestig en gesê sommige van die gevangenes wat herhaaldelik skade aan die selle veroorsaak het, is na ander geriewe in ander streke oorgeplaas.

“Voorheen het gevangenes wat lank in aanhouding was, die tralies gebreek en kwaadwillige skade aan staatseiendom veroorsaak,” het sy verduidelik.

Murunda het erken hoewel die oorbevolking ’n uitdaging is, die situasie bestuur word.

“Die enigste probleem is slaapplek as gevolg van die klein selle. Buiten vir dit, is ons gevangenes beheerbaar en ons het geen ander groot uitdagings nie,” het sy gesê.

Sy het wel ’n paar gevangenes uitgesonder wat steurnisse in die selle veroorsaak het.

“Ons het die streekbestuur geraadpleeg en die individue is na ander selle oorgeplaas wat die probleem onmiddellik opgelos het,” het Muranda gesê.

Volgens die stasiebevelvoerder is die skade deur die betrokke individue aan seldeure aangerig en is dit nie ’n kwessie van sistemiese verwaarlosing nie.

“Die Rundu-polisiekantoor is baie groot en oud, so soms is herstelwerk nodig. Net een saak van wangedrag is die afgelope tyd aangemeld waarby ’n polisiebeampte betrokke was en dit het met smokkelary verband gehou. Daar is nie bewyse van ander voorvalle soos in die media beweer word nie,” het sy gesê.

Muranda se kommentaar volg op ’n berig deur NMH in Julie wat langdurige aanhouding en oorbevolking by die Rundu-polisiekantoor uitgelig het, wat kommer laat ontstaan ​​het oor die veiligheid en toestande vir beide gevangenes en personeel. 

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer