Polisie ontdek vervalste kontant
Die Namibiese polisie (Nampol) het ‘n deurbraak gemaak in vermeende geldvervalsing in die ||Kharasstreek tydens die naweek wat gekenmerk is deur geweldsmisdade, rooftogte en noodlottige ongelukke regoor die land.
Volgens Nampol is ‘n 17-jarige meisie van die J.A. Nel Sekondêre Skool in Keetmanshoop in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om vervalste geldnote tydens ‘n skool se entrepreneurskapsdag Vrydag te gebruik.
Die polisie se hoofwoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het gesê dat die leerling probeer het om kos te koop met ‘n vervalste N$200-noot, wat vinnig deur mede-leerlinge geïdentifiseer is. Toe sy ondervra is, het sy gesê dat sy die geld van haar kêrel ontvang het.
‘n Polisiesoektog by hul woning het gelei tot die ontdekking van vervalste note ter waarde van N$50 800 en R21 400, wat altesaam N$72 200 beloop. Beide die leerling en haar 19-jarige kêrel is in hegtenis geneem en sou na verwagting gister in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn.
In ‘n aparte, maar soortgelyke saak is ‘n 24-jarige man in Berseba, naby Tses, in hegtenis geneem nadat hy alkohol met ‘n vervalste N$200-noot gekoop het.
GEWAPENDE ROOFTOGTE
Windhoek het oor die naweek ‘n vlaag gewapende rooftogte beleef. ‘n Bestuurder wat Vrydag deur die Lafrenz-nywerheidsgebied gery het, is deur ‘n ander voertuig voorgekeer en met ‘n vuurwapen bedreig. Drie verdagtes, twee gewapen met pistole, het met die slagoffer se Audi, ‘n skootrekenaar en sy beursie met ‘n gesamentlike waarde van N$280 000 verdwyn.
In nog ‘n gewelddadige aanval om 04:00 Saterdag in Wipstertstraat in Khomasdal het vier verdagtes, een gewapen met ‘n pistool en drie met messe, na bewering ‘n man wat sy voertuig vroeg Saterdagoggend by die huis geparkeer het, oorval. Hulle het deur die motorhuis toegang tot sy huis gekry en waardevolle items gesteel, insluitend ‘n televisie, slimfoon, horlosie en motorsleutels ter waarde van N$650 000. Geen arrestasies is in enige van die gevalle gemaak nie.
Twee mense is Vrydagaand by City Hill in die Eros-woonbuurt met ‘n vuurwapen aangehou nadat hulle na die sonsondergang gekyk het. Drie gewapende mans het hulle glo van hul telefone, ID’s, bankkaarte en persoonlike besittings ter waarde van N$40 000 beroof.
ONGELUKKE
Verskeie noodlottige ongelukke is regoor die land aangemeld. In Omungwelume het ‘n 35-jarige vrou gesterf nadat sy Vrydagaand deur ‘n motor getref is. Die 32-jarige bestuurder het van die ongelukstoneel gevlug en het glo sonder ‘n geldige rybewys en onder die invloed van alkohol bestuur. Hy is in hegtenis geneem.
‘n Voertuig het Sondag in die vroeë oggendure op die Nghifikepunye Pohamba-hoofweg omgeslaan en ‘n 27-jarige vrou het op die toneel gesterf. Die bestuurder, wat daarvan verdink word dat hy dronk bestuur het, het met geringe beserings oorleef. Hy en ’n passasier is in die Swakopmund-staatshospitaal opgeneem.
MOORD OP HENTIESBAAI
Op Hentiesbaai het ‘n huishoudelike geskil glo gelei tot moord toe ‘n 25-jarige man deur sy suster met 'n mes doodgesteek is. Die polisie beweer dat die oorledene hul ma aangerand het, wat sy suster aangespoor het om met ‘n mes tussenbeide te tree. Die slagoffer het later in die Swakopmund-staatshospitaal aan sy beserings beswyk. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Op Outjo het ‘n huisbrand die lewe van ‘n 31-jarige man geëis nadat ‘n selfoonherlaaier na bewering ontplof het. Die slagoffer het noodlottige brandwonde opgedoen terwyl hy probeer het om kinders uit die brand te red. – [email protected]
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie