’n Lugfoto van Outjo. FOTO WIKIMEDIA COMMONS
’n Lugfoto van Outjo. FOTO WIKIMEDIA COMMONS

Outjo is keelvol

Inwoners stap glo uit vergadering
Elvira Hattingh
Inwoners van Outjo is besig om massa-optrede te beplan om hulle vir die onmiddellike afdanking van dié munisipaliteit te uitvoerende hoof, Josef Urib, te beywer, asook vir behoorlike dienslewering.

Dit volg ná ’n plofbare gemeenskapsvergadering die afgelope Donderdag waartydens tweederdes van die teenwoordiges uitgeloop het nadat Urib glo beweer het die meeste stellings wat teen hom gemaak word, polities gedrewe is.

Deon Verster, ’n Outjo-inwoner, sê hy raam daar was tussen 160 en 180 mense by die vergadering – mense van alle gebiede en kulture was teenwoordig.

“Inwoners kla oor jarelange probleme met onder meer daaglikse wateronderbrekings, vullis wat vir maande lank nie in informele nedersettings en elders verwyder word nie, ’n ongeorganiseerde finansiële departement, ’n onvoltooide water- en rioolprojek asook ’n ernstige tekort aan gedienste erwe,” het hy verduidelik.

Urib het Donderdag glo 40 minute laat vir die vergadering opgedaag wat hy self geskeduleer het, terwyl die gemeenskap die dorpsraadslede wat teenwoordig was glo moes vra om hul selfone neer te sit en belangstelling in die vergadering te toon – ’n versoek wat na bewering blatant deur een raadslid geïgnoreer is.

“Gemeenskapslede was woedend toe Urib geen agenda van die vorige vergadering beskikbaar gehad het nie, daar nie ’n verslag van uitgawes van die vorige boekjaar beskikbaar was nie en dit blyk asof min pogings oor die afgelope jaar aangewend is vir skuldinvordering.

“Daarbenewens word rekeninge nie opgedateer nie en gebreekte watermeters nie herstel nie. Inwoners het ook nie saamgestem met die vullisverwyderingskedule wat voorgelê is nie,” het Verster gesê en bygevoeg dat hulle boonop gesukkel het om te hoor weens ’n mikrofoon wat foutief nie.

CHAOS

Dit het daartoe gelei dat ’n gemeenskapslid glo aan Urib gevra het of hy dink Outjo-inwoners is “simpel bobbejane” om dit alles te glo, want die hope vullis – wat menslike ontlasting insluit – groei op ’n daaglikse basis in Etoshapoort en informele nedersettings.

Verskeie inwoners het toe glo beweer dat Urib, onder meer onbevoeg is en het versoek dat hy sy pos onmiddellik verlaat – iets wat glo luide applous ontlok het.

Koos Mazenge, ’n gemeenskapsleier het aan Republikein gesê die vergadering was “chaoties”, met die dorpsraad wat nie hul vrae kon beantwoord nie. Hy sê terwyl gemeenskapsvergaderings drie maal per jaar moet plaasvind, is dié een slegs geskeduleer ná die gemeenskap daarop aangedring het.

“Ons grootste probleem is ’n gebrek aan dienslewering – daar is probleme met die verskaffing van water, die riool en vullisverwydering, terwyl die dorp nog steeds – 33 jaar ná onafhanklikwording – met ’n emmerstelsel sit,” het Mazenge gesê.

Hy sê vir die gemeenskap is een van die belangrikste kwessies dat die uitvoerende hoof nou die tuig sal neerlê. Hulle is egter nie tevrede met die persoon wat sy opvolger sal wees nie.

URIB Sê

Urib het verlede Vrydag aan Republikein gesê terwyl hy toegee dat dit inwoners se reg is om hul menings by die afgelope gemeenskapsvergadering te lug, is hy baie ontevrede daarmee dat hy en lede van die dorpsraad met so min respek behandel is.

“Ek is ook nie van voorneme om langer as die dorp se uitvoerende hoof aan te bly nie,” het Urib gesê oor beweringe dat hy weier om af te tree.

“Ek sal nie my kontrak weer hernu nie en is reeds vir 23 jaar lank die dorp se uitvoerende hoof.”

Hy sê hy is nie meer die uitvoerende hoof omdat hy daar wíl wees nie, maar omdat die dorpsraad hom versoek het om ná sy aftrede verlede jaar Desember, langer aan te bly totdat sy plaasvervanger aangestel kan word.

Hy het ’n brief getoon wat hy in Julie 2022 aan die dorpsraad geskryf het om hulle in kennis te stel dat hy beplan om af te tree.

Urib erken dat die munisipaliteit bewus is daarvan dat hulle tekort skiet as dit by diensverskaffing kom.

“Ons sit nie en doen niks nie – ons doen ons beste om die situasie te beredder.

“Die gemeenskap moet egter daarvan kennis neem dat hulle ’n klein dorp soos Outjo N$38 miljoen skuld. Dit belemmer ons kontantvloei en vermoë om dienste te lewer.”

Hy voeg by dat, as dit by vullisverwydering kom, sukkel die munisipaliteit met ou lorries, waarvan net sommige in ’n werkende toestand is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.28/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.85% | Zinc US$ 3 003.80/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 065.37/OZ UP +0.35% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.28/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.85% | Zinc US$ 3 003.80/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 065.37/OZ UP +0.35%