Oudminister steun direkte verkrygingsproses
Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het sy langdurige standpunt herhaal dat Namibië middelmanne in farmaseutiese verkryging moet omseil om chroniese medisynetekorte te beëindig.
Dit terwyl die huidige minister van gesondheid, dr. Esperance Luvindao, ingrypende hervormings aangekondig het om farmaseutiese voorrade te stabiliseer en koste te verminder.
Na aanleiding van Luvindao se ministeriële verklaring Maandag, het Haufiku gesê Namibië het miljoene dollars vermors deur op middelmanne staat te maak in plaas daarvan om direk met geakkrediteerde vervaardigers of deur gesamentlike verkrygingsmeganismes te werk.
“Direkte verkryging van die regering vanaf geakkrediteerde farmaseutiese vervaardigers of deur ’n gesamentlike verkrygingstrategie van Unicef- of UNFPA-stoorgeriewe was my standpunt sedert ek by die ministerie was, en natuurlik ook ander s’n in die ministerie,” het Haufiku aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Hy sê die ministerie het gedurende sy ampstermyn in 2017 hierdie benadering op die proef gestel deur MIV-medisyne direk van Cipla Medpro se aanleg in Uganda aan te koop. Die direkte ooreenkoms het die regering N$63 miljoen bespaar, wat die koste gehalveer het in vergelyking met plaaslike verskaffers se tenders.
“Die gemiddelde prys van plaaslike verskaffers vir hierdie MIV-medisyne was N$127 miljoen, maar ons het daarin geslaag om dieselfde hoeveelhede van Cipla vir slegs N$64 miljoen te koop, alle koste ingesluit,” het Haufiku gesê.
Volgens hom was sommige plaaslike verskaffers eg, maar te veel het as “aktetas- of middelman-entiteite” opgetree wat koste hoër gedryf het sonder om enige waarde toe te voeg.
Hy het aangevoer die regering moet ’n gemengde stelsel omarm waarin noodsaaklike medisyne soos antiretrovirale middels en medisyne vir diabetes en hoë bloeddruk direk van die vervaardigers verkry word, terwyl plaaslike verskaffers nie-noodsaaklike items hanteer.
“Daar sal altyd ruimte wees vir ander items waarvan plaaslike verskaffers deel kan wees,” het hy opgemerk, maar die dringende behoefte aan kostebeheer op lewensreddende medisyne beklemtoon om volhoubare voorraad te waarborg.
Haufiku se kommentaar kom terwyl Luvindao aangekondig het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het medisyne direk van 41 internasionale vervaardigers en groothandelaars begin aankoop onder noodprotokolle om tekorte te takel.
“Deur direk na die bron te gaan, kan ons verseker dat ons die beste moontlike pryse, gehalte en hoeveelhede verkry en sodoende ons medisynevoorraad en noodsaaklike kliniese voorrade oor ’n lang tydperk stabiliseer,” het Luvindao gesê.
Die ministerie is ook besig om langtermynkontrakte met vervaardigers te finaliseer na jare van stuksgewyse noodaankope, wat Luvindao erken het was “baie duur en onbetroubaar”.
Namibië bestee jaarliks byna N$1,9 miljard, ongeveer 15,5% van die gesondheidsbegroting, aan farmaseutiese produkte en kliniese voorrade. Tog het diensvlakke by die Sentrale Mediese Store die afgelope twee jaar onder 57% gedaal, ver onder die teiken van 80%.
Luvindao het belowe om stoordienste in een veilige, toegangsbeheerde fasiliteit te konsolideer en moderne stelsels soos strepieskodering en elektroniese uitreiking in te stel om diefstal, die verval van voorraad en ondoeltreffendheid te bekamp.
“Hierdie hervormings is deel van ’n breër strategie om ’n betroubare, veilige en kostedoeltreffende farmaseutiese verskaffingstelsel vir Namibië te bou,” het sy gesê.
Tydens Dinsdag se parlementêre sitting het die parlementslid Imms Nashinge die ministerie geprys vir “’n nuwe kultuur van luister” en vir die neem van beslissende stappe om middelmanne uit verkryging te verwyder.
Hy het die regering aangespoor om diegene wat voorheen pryse buitensporig hoog gemaak het, aanspreeklik te hou en gesê: “Gaan ons net sê, o, dinge het gebeur? Gaan ons vorentoe, of gaan ons seker maak dat diegene wat van belastingbetalers gesteel het, gestraf gaan word?”
Nashinge het ook kommer uitgespreek oor die gereedheid en verspreiding van die verskaffingsketting en het die ministerie versoek om te verseker dat kragtige stelsels in plek is om toekomstige prysinflasie te voorkom.
Hy het ook voorgestel dat voorrade vir hospitaalvoedingsprogramme direk van produsente verkry word om gehalte te verseker en substandaard voedselvoorrade vir pasiënte te vermy.
“Dit is belangrike stappe terwyl ons hierdie proses finaliseer, sodat ons pasiënte nie gemors gevoer word nie,” het hy gesê.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie