‘Ons lewens maak saak’
“Ons harte is vol dankbaarheid en liefde, omdat iemand soos julle deur jul ongelooflike toewyding gewys het dat ons lewens saak maak.”
Dit was die dankbare boodskap van die gemeenskap en leerlinge van ’n laerskool op Stampriet ná ’n uitreik-aksie deur Dieter Maree en ’n groep vrywilligers.
Meer as 150 kospakkies, meer as 150 waardigheidspakkies met toiletware, 250 pakkies spesiaal vir kinders, 300 mini-jogurts, skryfbehoeftes ter waarde van N$5 000 en vier bome was die sigbare omgee van genade en diens van die liefdadigheidsorganisasie Ikigai.
Ikigai is ’n Japannese term wat twee woorde saamsmelt – “iki” wat beteken om te lewe en “gai” wat rede beteken en wat vertaal word as ’n rede om te leer.
Ikigai is ’n konsep wat mense aanmoedig om te ontdek wat werklik vir hulle saak maak en om ’n doelgerigte lewe gevul met vreugde te lei, en dit is presies wat Dieter en sy vrywilligers, wat al vir meer as tien jaar na kwesbare inwoners oraloor die land uitreik, doen.
Buiten die kospakkies en skryfbehoeftes, is N$2 500 ook in die bankrekening van die Jakob Soul Primêre Skool inbetaal om bestanddele vir ’n gemeenskapsete te koop wat deur die skool se onderwysers voorberei en bedien is.
Die laerskool huisves 17 onderwysers en 389 leerlinge en betrek sowat 250 huishoudings op Stampriet en die omliggende omgewing.
Gesondheid en voeding is die gemeenskap se grootste kommer en uitdaging, met die hoop dat ’n voedingskema in die toekoms by die skool begin kan word.
Volgens Dieter word noue kontak met die skool gehandhaaf om nie net hul behoeftes te bepaal nie, maar ook dié van die hele gemeenskap.
“Die idee is om meer gereelde uitreike en beleggings aan te moedig, nie net van die private sektor nie, maar ook van die staat,” het hy gesê.
Dieter sê die hoop en idee is om ’n laboratorium by die skool op te rig soos wat onlangs by die Van Rhijn Primêre Skool in Windhoek gedoen is.
“Ons het dringend meer dokters, prokureurs en ander beroepslui in ’n derde wêreld-konteks nodig en die beste plek om te begin is by ’n laerskool.”
Die volgende gemeenskapsuitreik en Kersboks-projek word vir 19 Desember op Okahandja beplan.
As jy graag ’n kwesbare inwoner se Kersseisoen met ’n bydrae op welke manier ook al wil seën, kan jy vir Dieter by 081 142 4066 kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie