OneWeb wink vir Namibië
Vier plaaslike ondernemings het gister openbare voorleggings gedoen om mee te ding vir spektrum om OneWeb se internetdienste in Namibië te kan verskaf.
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het die geleentheid by die Windhoek Buitekluboord in die hoofstad aangebied.
Echo Namibia, Oblixx Communication Networks (OCN), Radio Electronic se filiaal Blue Telecommunications en Rocketnet stel almal voor om OneWeb-dienste wat deur satelliete in lae wentelbane aangebied word, plaaslik te verkoop.
OneWeb is ’n mededinger van Starlink, wat steeds met die regering onderhandel vir vrystelling van die vereiste dat 51% van plaaslike internetverskaffers aan Namibiërs moet behoort.
Intussen soek die vier ondernemings ’n spektrumtoekenning by Cran om OneWeb-verbinding in Namibië te kan verkoop.
“Hulle [OneWeb] is gewillig om saam met derdepartydiensverskaffers, soos ons, te werk en die vennootskap sal meerderheid Namibiese eienaarskap geniet,” sê Radio Electronic se uitvoerende hoof, Francois du Toit.
Marc Gregan van Echo Namibia verduidelik dat Starlink direkte internetgebaseerde betaling van plaaslike kliënte sou versoek, sonder om selfs Namibiese bankrekeninge te gebruik.
Hy het uitgebrei oor die OneWeb-aanbieding vir besighede, wat beskikbaar sou wees teen ’n belegging van N$90 000 vir toerusting en teen sowat N$4 000 per maand vir dienste.
OCN se Maarten Venter sê hulle teiken die regering, banke en die sektore van landbou, mynbou, olie en gas en kleinhandel met hul enkele koepelinstallasies, wat breëbanddienste met ’n aflaaispoed van 75 Mbps en ’n oplaaispoed van 15 Mbps moontlik maak.
Die toerusting verbind kliënte met OneWeb se konstellasie van 648 satelliete wat sowat 1 200 km bo die aarde wentel. OCN gebruik sy eie sagteware om die gehalte van die dienste te monitor en by die diensverskaffer in te gryp indien diensvlakke dalk verswak.
“Dit is ’n soortgelyke verhouding soos met ons ander VSAT-diensverskaffers,” verduidelik hy.
Ook gemik op ondernemings, sal OCN se verbruikersterminale en produk sowat N$150 000 beloop, volgens Venter.
GELISENSIEERD
Volgens Cran se uitvoerende beampte vir ingenieurswese en tegniese dienste, Ronel le Grange, is al vier mededingers gelisensieerd uit 67 lisensiehouers wat internetdienste in Namibië mag verskaf.
Rocketnet se Xander Erasmus sê hulle fokus meestal op veseloptiesetegnologie, maar wil van OneWeb gebruik maak om oplossings te kan bied, veral vir afgeleë boere. Rocketnet trek voordeel uit sy verhouding met Q-kon, wat tot vier gigagrepe vanaf OneWeb aan hulle vrystel.
Volgens Du Toit bied Blue Telecommunications se vennootskap met KVH end-tot-end-enkripsie en wolkgebaseerde bestuurs- en monitorvermoë deur bykomende hardeware. Sy fokus is egter eers op die spektrumlisensie voordat pryse vasgestel sal word. “Dit sal goedkoper wees,” sê hy egter.
Op navrae vanaf teenwoordigers van Paratus Namibia, het Le Grange erken dat Cran toepaslike satellietfooie sal moet hersien, aangesien die tegnologie aansienlik verbeter en verander het.
MTC se hoofbestuurder vir netwerke, Ludwig Tjitandi, het gevra dat Cran satellietregulasies moet hersien, omdat satellietdienste ’n onregverdige voordeel teenoor ander dienste met hoë infrastruktuurkoste het.
“Ons moet die implikasies verstaan. Daar is verreikende gevolge,” het hy bygevoeg.
“Hoe sal ons dit tot die landelike gebiede beperk?” wou hy ook weet.
Namens die Namibië Landbou-unie (NLU) het sy uitvoerende hoof, Roelie Venter, egter die voorstelle as onbekostigbaar beskryf en gepleit: “Ons benodig oplossings. Data is nie meer ’n luukse nie, maar ’n sakebehoefte. Ons boere benodig oplossings, asseblief,” het hy gesê.
– [email protected] Vier plaaslike ondernemings het gister openbare voorleggings gedoen om mee te ding vir spektrum om OneWeb se internetdienste in Namibië te kan verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie