‘Onderwys meer gefokus op die kind’
Dag van die Namibiese kind in Swakop herdenk
Die regering beplan ook om vroeëkinderontwikkeling teen 2027 ten volle in hoofstroom-onderwys te integreer.
Adam Hartman
Namibië het die grootste deel van sy 2025-’26 nasionale begroting – N$24,8 miljard – aan onderwys toegeken, tesame met N$25 miljard vir infrastruktuuropgraderings en die belofte om gratis hoër- en beroepsonderwys vanaf 2026 in te stel.
Die regering beplan ook om vroeëkinderontwikkeling teen 2027 ten volle in hoofstroom-onderwys te integreer.
Hierdie verbintenisse is Vrydag in Swakopmund beklemtoon tydens die herdenking van die Dag van die Namibiese Kind, wat onder die tema “Beplanning en begroting vir kinderregte: Vordering sedert 2010” gehou is.
Die minister van onderwys, vernuwing, sport, jeug, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het gesê die tema vereis ‘n eerlike besinning oor of Namibië se beplanning en begroting werklik fokus op die kind.
Sy het die verpligtinge van die wet op basiese onderwys beklemtoon, wat wetgewende, institusionele en begrotingsmaatreëls vereis om kinderregte te beskerm. Die versterking van die onderwysstelsel deur infrastruktuuropgraderings en beleidshervormings bly ‘n prioriteit, het sy gesê, met vroeëkinderontwikkeling wat teen 2027 in hoofstroom-onderwys geïntegreer sal word.
Steenkamp het bygevoeg dat gratis onderwys vanaf 2026 uitgebrei sal word na staatsbeheerde hoëronderwys- en beroepsopleidingsinstellings.
“Soos ons vorentoe beweeg, moet ons ‘n nasionale assessering onderneem om te verseker dat ons beplannings- en begrotingsprosesse werklik kindergefokus is,” het sy gesê.
JAPAN ONDERSTEUN
Japan se langdurige vennootskap met Namibië in onderwys is ook uitgelig. Die land se saakbelastigde, Noriaki Sadamoto, het gesê Japan se benadering het direk gereageer op Namibië se beroep om in kinders te belê.
Japan het die konstruksie van meer as 300 klaskamers finansieel ondersteun en 173 vrywilligers – baie van hulle onderwysers – sedert 2006 ontplooi. Onlangse projekte sluit in die oorhandiging van twee nuwe skoolgeboue by Omaruru in Junie, met verdere oorhandigings wat in Kavango-Oos, Zambezi en by die Universiteit van Namibië (Unam) beplan word.
VOLGEHOUE UITDAGINGS
Die adjunkminister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Linda Mbwale, het gesê dat kinders, ten spyte van vordering, steeds ernstige uitdagings in die gesig staar, soos armoede, wanvoeding, ongelyke toegang tot onderwys en gesondheidsorg, kinderhuwelike, kinderarbeid en geslagsgebaseerde geweld. Kwesbaarheid is veral kommerkekkend onder kinders met gestremdhede, diegene in afgeleë landelike gebiede en diegene wat op straat woon.
Sy het die regering aangespoor om toekennings vir kindergefokusde sektore te verhoog en om begrotingsdeursigtigheid te verseker. “Maak begrotingsinligting toeganklik en deursigtig sodat selfs kinders ons kan verstaan en aanspreeklik kan hou,” het Mbwale gesê.
Die verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) in Namibië, Samuel Ocran, het gedeelde verantwoordelikheid beklemtoon: “Die regering bied die bevorderlike omgewing om jou in staat te stel om te groei. En dit is jou verantwoordelikheid om daardie geleentheid aan te gryp,” het hy gesê.
“Namibië kan slegs deur jou gebou word. Dit sal ‘n gesamentlike poging van gesinne, gemeenskappe, die burgerlike samelewing, vennote en jongmense self verg om hierdie belofte in ‘n realiteit te omskep.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie