No Image Caption

Olifantveiling was ‘ten volle oop en deursigtig’

Ellanie Smit
Ellanie Smit

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme hou vol daar was geen geheimhouding rondom die opveiling van 170 olifante nie. Aantygings is ontken dat die geld wat deur die verkoopproses van 57 olifante gegenereer is, met korrupsie bevlek is.

Mnr. Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het gesê die veilingsproses was heeltemal oop en deursigtig.

Hy het verduidelik die ministerie het in Desember 2020 die besluit geneem om 170 olifante op te veil om die druk van mens-olifant-konflik op gemeenskappe in die Omatjete-, Kamanjab-, Grootfontein-Kavango- en Grootfontein-Tsumkwe-gebiede te verlig.

Nghitila het gesê die veiling is onderneem deur ’n openbare tender wat in die plaaslike media geadverteer is om billike en gelyke geleenthede vir belangstellendes te verseker.

“Genoeg tyd is gegee ingevolge die verkrygingsvereistes, vir bieërs om hul tenders voor te berei en in te dien.”

Hy sê hoewel verwikkelinge in die proses, sover dit wetlik moontlik was, op ’n periodieke basis deurgegee is, was daar egter beperkings op die tenderprosesse oor watter besonderhede in sekere stadiums in die openbare domein gedeel kon word.

Die geld wat deur die verkoopproses gegenereer is, sal na die Wildleweproduktefonds oorgedra en herbelê word in die bewaring van Namibië se wildlewe en bewaringsgebiede – veral vir die bestuur van mens-dier-konflik. Die Wildleweproduktefonds se rekeninge word jaarliks deur onafhanklike ouditeure geoudit.

Nghitila het gesê die 57 olifante is almal aan Namibiese entiteite verkoop, wat as die suksesvolle bieërs die wettige eienaars van daardie olifante geword het.

“Sodra die suksesvolle bieërs eienaarskap van die olifante neem, is hulle binne hul regte om die olifante op enige manier te gebruik, mits dit nie ons plaaslike of internasionale wette oortree nie.”

Die 22 olifante wat aan mnr. Gerrie Odendaal verkoop is, is tussen 3 en 5 September verlede jaar in die Kamanjab-kommersiële boerderygebied in die Kunenestreek gevang en aan een van die suksesvolle bieërs verskaf.

Hulle is toe op 5 Maart vanjaar gevang en na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) uitgevoer. Die olifante het op 6 Maart ongedeerd in die VAE aangekom, het Nghitila gesê.

“Ek wil in hierdie geval duidelik stel dat die uitvoer van hierdie olifante ‘n private transaksie tussen die private eienaar van die olifante en hul kliënte in die VAE was. Die ministerie het geen belang in hierdie transaksie gehad nie, behalwe om die nodige permitte te verskaf waarvoor die eienaar aansoek gedoen het.”

Die 22 olifante wat uitgevoer is, het N$3,3 miljoen gegenereer, met ’n gemiddelde prys van N$150 000 per olifant.

Die 15 olifante wat deur Na’an ku sê gekoop is, is tussen 31 Augustus en 1 September 2021 in die omgewing van Khorixas gevang. Hulle is deel van die Omatjete-bevolking. Hulle het N$1,125 miljoen gegenereer met ’n gemiddelde prys van N$75 000 per olifant.

Die oorblywende olifante sal voorsien word sodra die nodige permitte verkry is, die verkoopskontrak geteken en die geld ontvang is.

Dit sal nog N$1,5 miljoen genereer met ’n gemiddelde prys van N$75 000 per olifant. Al die bogenoemde sluit nie die kostes vir die vang, verskuiwing en versorging van die olifante in nie. Die kopers is verantwoordelik vir dié onkostes.

Nghitila sê om die olifante op te veil, was nie ’n maklike besluit nie, maar die besluit is in pas met die nasionale wette en beleide van die land en verskeie internasionale ooreenkomste van wie Namibië deel is.

Hy het bygevoeg hulle is vol vertroue dat dit nie die algehele bevolking of gesondheid van die olifante in die land sal beïnvloed nie. Die bevolking staan tans op 24 091 olifante waarvan ’n geskatte 1 172 in die noordweste voorkom.

Intussen het die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) gesê geen nasionale of internasionale wette, insluitende dié van die Konvensie oor die Handel in Bedreigde Spesies (Cites), is tydens die uitvoer van die olifante verbreek nie.

“Namibië het ’n Cites-goedgekeurde uitvoerkwota wat nie eenvoudig afgeskaf kan word aangesien ’n paar mense beledig voel omdat hulle nie oor hul opinie geraadpleeg is of alternatiewe kon verskaf nie.”

Napha het wel beklemtoon dat hulle dit nie goedkeur dat wilde olifante in gevangenskap aangehou word nie, nie in Namibië of êrens anders nie, maar voeg by hulle het begrip vir die olifantprobleem in Namibië.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 375.67/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.68/lb UP +2.49% | Zinc US$ 2 964.10/T UP 1.55% | Brent Crude Oil US$ 84.86/BBP UP +0.24% | Platinum US$ 989.43/OZ UP +0.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 375.67/OZ UP +1.24% | Copper US$ 4.68/lb UP +2.49% | Zinc US$ 2 964.10/T UP 1.55% | Brent Crude Oil US$ 84.86/BBP UP +0.24% | Platinum US$ 989.43/OZ UP +0.42%