Olifante saai verwoesting op Khorixas-plaas
’n Khorixas-boer sê hy is raadop oor ’n trop olifante wat verwoesting op sy plaas saai.
Robert Gomachab het foto’s as bewyse gedeel nadat die grootpote deur sy eiendom gestap het en heinings en ’n hek platgestoot, asook bome vertrap het.
“Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. In die verlede was daar net een olifantbul in die gebied, maar nou is daar baie,” het hy gesê.
Hy het gesê dat die skade wat deur die olifante veroorsaak word, hom onder groot finansiële druk plaas. “Ons kan nie tuine onderhou nie; dit word heeltemal vernietig. Ek moet ons heinings en hekke gereeld vervang. Dit is nie lewensvatbaar om nuwe bome of plante aan te plant nie, want dit word ook vernietig.”
Hy het bygevoeg dat hy nie die enigste een in die gebied is wat onder die vernietiging van die olifante ly nie.
Boonop is die Khorixas-omgewing onlangs deur veldbrande geteister wat weiding vernietig het.
EHRA
Christin Winter, bestuurder van bewaringsprogramme by Elephant Human Relations Aid (Ehra), het gesê hulle is bewus van die konflik. “Die betrokke nedersettings is in die !Khoro !Goreb-bewaringsgebied geleë, wat deel is van ons projekgebied.
“Elke nedersetting het ’n ‘geo-heining’ met ’n radius van twee kilometer vanaf die nedersetting se kern. Sodra olifante met halsbande die heining oorsteek, word ’n outomatiese waarskuwing via WhatsApp aan ons, ons olifantwagters in die gemeenskap en die betrokke voorsitters of bestuurders van bewaringsgebiede gestuur. Dit dien as ’n waarskuwing sodat mense veiligheidsmaatreëls kan tref.
“Ons het ook verskeie opleidingsessies met gemeenskappe gehou, waar mense leer oor olifante en hoe om veilig te bly terwyl hulle hul eiendom beskerm. Dit sluit in om hande te klap, hard te praat en flitse te gebruik, om maar ’n paar te noem.”
Sy het bygevoeg dat die olifantwagters onverpoosd werk om skade wat deur olifante veroorsaak word, te herstel.
“Een van ons wagters, Nicanor Ortner, was onlangs by hierdie nedersettings om heinings te herstel en bewustheid te skep. Die wagters hou ook gereeld snags wag, veral in gebiede waar bejaardes sukkel om hul plase te beskerm. Ons het op die oomblik ook ’n ander span wat ’n waterpunt met ’n stewige klipmuur beveilig.”
OPLOSSINGS
Winter het verduidelik dat oplossings vir mens-olifant-konflik uiteenlopend is en gewoonlik ’n kombinasie van maatreëls behels. “Ons is in noue kontak met die voorsitter van die bewaringsgebied om die beskerming van groentetuine met elektriese heinings te bespreek.”
Sy het gesê dit is onduidelik waarom olifante snags krale binnegaan. “Daar is ’n paar snellers. Een is waarskynlik voer wat vir bokke agterbly en die olifante lok. ’n Ander is waghonde wat blaf en die olifante jaag, maar dan storm die olifante dikwels terug. Wanneer die honde terugdeins na die kraal, volg die olifante hulle.”
Om die probleem te takel, het EHRA begin om inwoners van die nedersettings met sonkragligte wat bewegings optel, te voorsien.
“Dit kan help om olifante af te skrik in gebiede waar hulle nog skrikkerig is, aangesien dit die indruk skep dat mense snags wakker is. In die afgelope twee jaar het ons meer as 500 sonkragligte versprei.”
Winter het beklemtoon dit is nie maklik dat mense en olifante saam kan leef nie. “Olifantbevolkings neem af en het die afgelope dekade groot verliese gely. Namate getalle afneem, smelt troppe saam, wat ’n groter impak skep wanneer hulle saam deur nedersettings beweeg. Olifante se spasie raak al hoe kleiner en weens veldbrande verloor beide vee en wild hul weiding.
“Ons bly egter so aanpasbaar moontlik. Gemeenskappe het baie hulp nodig, want om hierdie soort skade voortdurend te verduur, is frustrerend en angswekkend. Daarom is die beskerming van tuine ’n belangrike volgende stap.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie