Okahandja se afvalbestuur onder die loep
Besoek Windhoek se burgemeester
Die besoek het ten doel gehad om moontlike gebiede van samewerking tussen die twee munisipaliteite te ondersoek.
Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, vergesel deur die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Alphons Tjitombo, en ’n afvaardiging van munisipale amptenare, het Maandag ’n hoflikheidsbesoek aan Windhoek se burgemeester, Ndeshihafela Larandja, gebring.
Die besoek het ten doel gehad om moontlike gebiede van samewerking tussen die twee munisipaliteite te ondersoek, met die kernfokus op die verbetering van Okahandja se afvalbestuurstrategieë.
Besprekings het moontlike ondersteuning van Stad Windhoek (CoW) ingesluit om die netheid in Okahandja te verbeter, die oprigting van taxistaanplekke en die verskaffing van tegniese bystand en mentorskap.
Die Okahandja-afvaardiging het ook CoW se terugkoopsentrum en munisipale stortingsterrein besoek om beste praktyke in afvalbestuur en -verwydering waar te neem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie