Nuwe grondwetsontwerp gee minister meer mag
Gewillige koper-gewillige verkoper laat vaar
Ingevolge artikel 89 kan die minister – ná oorlegpleging met die grondhervormingskommissie – te eniger tyd grond in die openbare belang onteien, onderhewig aan billike vergoeding.
Wonder Guchu
Die regering se nuwe grondwets-ontwerp van 2025 gee die minister verantwoordelik vir grondhervorming verreikende magte om kommersiële plase in die openbare belang te verkry, ’n beslissende beleidsverskuiwing van die langdurige “gewillige koper-gewillige verkoper”-model.
Die wetsontwerp, wat die Wet op Landbou (Kommersiële) Grondhervorming van 1995 vervang, skep ’n meer afdwingbare, staatsgeleide herverdelingsraamwerk wat daarop gemik is om hervestiging te versnel en diepgewortelde sosiale en ekonomiese ongelykhede aan te pak.
Volgens artikel 81 kan grond nou verkry word vir Namibiërs wat grondloos is, onvoldoende hulpbronne het, histories benadeel of andersins kwesbaar is, insluitend die werkloses.
“Die doel is om sosiale en ekonomiese wanbalanse in die Namibiese samelewing aan te spreek en billike toegang tot grond te bewerkstellig,” aldus die wetsontwerp.
Sedert onafhanklikheid is Namibië se grondhervorming gelei deur die 1991-grondkonferensie en die 1995-wet, wat op vrywillige verkope staatgemaak het. Meer as 500 plase – ongeveer drie miljoen hektaar – is onder daardie stelsel aan die staat oorgedra. Maar kritici sê die vordering was stadig, ongelyk en duur.
Die nuwe wetsontwerp verbreed die staat se reikwydte en bemagtig die minister om grond wat te koop aangebied word, eiendomme wat onwettig deur buitelanders besit word, plase in afwesigheidsbesit, onderbenutte besittings, verlate grond en plase wat ekonomiese eenheidsdrempels oorskry, te teiken.
Uitgebreide bevoegdhede
Ingevolge artikel 89 kan die minister – ná oorlegpleging met die grondhervormingskommissie – te eniger tyd grond in die openbare belang onteien, onderhewig aan “billike vergoeding”. Hierdie mag strek tot aangrensende eiendomme indien nodig om hervormingsdoelwitte te bereik.
Waar ’n deel van ’n plaas geneem word, kan die res ook onteien word indien dit onekonomies word, hetsy vir die eienaar of ingevolge nasionale beleid. Eienaars moet eers ’n kennisgewing van voorneme om te onteien ontvang, gepubliseer in die Staatskoerant en 30 dae gegee word om skriftelike voorleggings in te dien.
Indien geen ooreenkoms tydens daaropvolgende onderhandelinge bereik word nie, kan die minister voortgaan met onteiening. Die kommissie moet ook die lot van plaaswerkers en hul gesinne oorweeg voordat ’n finale besluit geneem word.
Inspeksies en waarborge
Artikel 82 magtig die grondhervormingskommissie om inspekteurs te stuur om plase voor verkryging te assesseer. Hulle mag grondwaarde, gebruik, eienaarskapgeskiedenis, subsidies en regtehouers ondersoek. Inspeksies moet voorafgegaan word met sewe dae kennisgewing en beamptes moet bewys van aanstelling dra. Die staat bly aanspreeklik vir enige skade wat veroorsaak word.
Indien onteiening voortgaan, word ’n formele kennisgewing uitgereik wat die grond, datum van onteiening, vergoeding wat aangebied word, en waardasieverslae uiteensit. Vanaf daardie datum gaan eienaarskap onmiddellik oor in die staat, vry van verbande, hoewel ander geregistreerde regte bly tensy onteien.
Vergoedingsraamwerk
Vergoeding word beperk tot die eiendom se oopmarkwaarde plus bewese finansiële verliese. ’n Solatium (troosgeld) van 10% (tot N$50 000) is ook betaalbaar vir ongerief.
Eienaars en regtehouers het 60 dae om die staat se aanbod te aanvaar of te betwis. Indien hulle dit verwerp, moet die minister binne 60 dae met ’n teenaanbod reageer, waarna geskille na die grondtribunaal gaan. Stilswye word as aanvaarding beskou.
Die minister kan tot 80% van die vergoeding voorskiet ná besitneming. Waar verbande, onbetaalde belasting of hangende verkope bestaan, kan vergoeding na krediteure, kopers of die belastingowerheid herlei word. Fondse sonder duidelike ontvangers word by die meester van die hooggeregshof se voogdyfonds inbetaal.
Die verskaffing van valse inligting of die weerhouding van aktes tydens die proses is ’n kriminele oortreding, strafbaar met tot twee jaar gevangenisstraf of ’n boete van N$10 000.
Die wetsontwerp laat die minister ook toe om ’n onteiening binne 90 dae terug te trek indien dit in die openbare belang geag word. In sulke gevalle keer eienaarskap terug na die oorspronklike eienaar en word verbande herstel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie