Nog personeel vir Okahandja-staatshospitaal
Aurelia Afrikaner
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het bevestig dat onderhoude reeds met bykomende personeel gevoer is wat vandeesmaand en in Oktober by die staatshospitaal op Okahandja sal inval.
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao het saam met die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, verlede week die hospitaal besoek om uitdagings met dienslewering en behoeftes vir infrastruktuur te bepaal.
Die hoop is dat die bykomende personeel die reusedruk by die hospitaal sal verlig en tydige toegang tot gesondheidsdienste sal verbeter.
’n Kritieke kwessie wat tydens die besoek geopper is, is die hospitaal se teater wat nie gebruik kan word nie. Pasiënte wat chirurgie vereis word gevolglik na ander hospitale verwys, ten spyte van die teenwoordigheid van bekwame personeel wat die operasies kan uitvoer.
Die opknappingswerk aan die teater is tans een van die ministerie se topprioriteite om te verseker chirurgiese sorg kan by die hospitaal verskaf word, terwyl onnodige verwysings en die oordrag van pasiënte verminder word.
Met verwysing na vervalle infrastruktuur, is stukkende vensters wat reeds jare nie herstel is nie, die dag ná Luvindao se ingryping vervang. Volgens die ministerie beklemtoon dit die dringendheid van proaktiewe instandhouding van geriewe.
Die minister van werke het ook opdrag gegee vir die spoedige finalisering van uitstaande hoeveelhedelyste sodat uitstaande herstel- en opknappingswerk by die hospitaal sonder enige verdere vertragings kan voortgaan.
Die hospitaal se gebrek aan noodsaaklike toerusting is ook tydens die ministers se besoek uitgelig, met sommige van die vereiste toerusting wat reeds aangekoop is en binnekort aan die hospitaal se bestuur oorhandig sal word.
Luvindao het gemaan dat “abnormale toestande nooit toegelaat moet word om die norm te word nie”.
Sy het ’n beroep op personeel gedoen om te verseker dat alle behoeftes vir instandhouding en herstel dadelik aangemeld word en aktief met die toepaslike afdelings opgevolg word om pasiënte se waardigheid te beskerm en aan die standaarde van sorg te voldoen.
Luvindao se besoek en gevolglike ingrypings is ’n kritieke stap om die doeltreffendheid, verantwoordbaarheid en kwaliteit van gesondheidsdienste by die Okahandja-staatshospitaal te herstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie