Potholes remain a hazard in Windhoek despite ongoing repair work, as funding falls short of what is needed to fix the city’s roads.
Potholes remain a hazard in Windhoek despite ongoing repair work, as funding falls short of what is needed to fix the city’s roads.

Net N$30 miljoen vir slaggate

Eliot Ipinge
Die meer as N$300 miljoen wat wyd verkondig is as die oplossing om slaggate oraloor Windhoek te herstel, is wat nodig is om ten volle die ­hoofstad se paaie ná die ­reënseisoen te herstel en is nie soos verwag geld wat tans beskikbaar vir gebruik is nie.

Tot op datum is net N$30 miljoen van die N$324 miljoen wat nodig is beskikbaar gestel. Die ­munisipaliteit se ­woordvoerder Lydia Amutenya het ­beklemtoon die N$324 miljoen wat in Mei aangekondig is, ­weerspieël die ­beraamde omvang van die skade en verteenwoordig wat die ­stadsvaders nodig het om ­omvattend die beskadigde paaie oraloor Windhoek omvattend te herstel.

Tot op hede is twee kontrakteurs betrek teen ’n ­gekombineerde waarde van N$15 miljoen, met hul kontrakte wat onlangs met ’n verdere drie maande teen dieselfde koste verleng is. Werk onder die nuwe kontrak het twee weke gelede begin. Strate in die ­sentrale ­sakekern, sowel as Kasch, Schuster, Wecke, Posts, Vogel Sangs, Kelvin en Marconi is reeds herstel. In ­Hochlandpark was dit ­Sandpiper, Oriole, Kasteel, Quail, Raben en ­Albatross, en in Eros was dit ­Toermalyn, Atlas, Etjo, ­Outeniqua, Robert Mugabe, ­Sinclair, ­Schanzen en Gusinde wat herstel is. Ander ­woonbuurte insluitend ­Auasblick, Dorado Valley, Klein Kuppe en dele van die ­oostelike ­woonbuurte het ook aandag gekry. ­Amutenya het ­beklemtoon roetes met hoë volumes verkeer bly die top ­prioriteit.

“Die munisipaliteit bly daartoe verbind om die oorblywende herstelwerk binne die beskikbare befondsing te voltooi en gaan voort om bykomende hulpbronne te mobiliseer om die beraamde agterstand van N$324 miljoen in te haal,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer