Net 67% betaal minimumloon
Kommer oor besighede
wat nie vereistes nakom
Inspeksies is sedert die begin van die jaar by meer as 700 werksplekke oraloor die land gedoen.
Eliot Ipinge
Slegs twee derdes van Namibiese werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloonwet, wat duisende werkers kwesbaar laat vir onderbetaling ten spyte van die bevel wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die minister van justisie en arbeidsverhoudinge, Wise Immanuel, het verlede week in die Nasionale Vergadering gesê 67% van besighede waar inspeksies gedoen is, het aan die vereiste vir die minimumloon voldoen, maar ‘n beduidende 33% oortree steeds die wet.
Die syfers het na vore gekom in reaksie op ‘n navraag deur die Swapo-parlementslid Justina Jonas oor die afdwing van die nuwe loonstelsel. Volgens Immanuel is inspeksies by 716 werkplekke regoor die land sedert die begin van van die jaar gedoen. Hiervan het 481 ten volle aan die vereistes voldoen, terwyl 235 nie die minimumloon van N$18 per uur wat deur die wet bepaal word, nagekom het nie.
“Ons sien goeie vordering,” het die minister gesê. “Maar die nie-nakomingsyfer van 33% is kommerwekkend en moet dringend aangespreek word.”
STRAWWE
Volgens Immanuel het die ministerie 69 nakomingsbevele aan besighede uitgereik vir die oortreding van die vereistes, met die groothandel- en kleinhandelsektor wat as die grootste skuldiges na vore gekom het en wel met 42 gevalle. Die sekuriteitsbedryf het gevolg met 25, terwyl kleiner getalle in konstruksie en gasvryheid aangeteken is.
Die ministerie het ook meer as N$1 miljoen in onbetaalde lone verhaal, wat sedertdien aan geraakte werknemers terugbesorg is. “Hierdie pogings is noodsaaklik om te verseker dat werkers ontvang wat regmatig aan hulle verskuldig is,” het Immanuel beklemtoon en die regering se verbintenis tot die beskerming van werkersregte herbevestig.
INSPEKSIES
Om die handhawing van die vereiste minimumloon te verskerp, het die ministerie ‘n bykomende 1 032 inspeksies vir die huidige kwartaal geskeduleer.
Die fokus sal verskuif na sektore soos landbou, gasvryheid en die informele ekonomie, waar toesig tradisioneel meer uitdagend was en waar werkers dikwels die kwesbaarste is. Immanuel het beklemtoon dat die verbetering van nakoming nie net daaroor gaan om oortreders vas te vat nie, maar ook om toekomstige oortredings deur middel van onderrig en bewusmaking te voorkom.
BEWUSMAKINGSVELDTOG
Die ministerie het uitgebreide openbare opvoedingsveldtogte van stapel gestuur om te verseker dat beide werkgewers en werknemers die wet verstaan. Pogings sluit in veldtogte in streke, deelname aan handelskoue en wydverspreide mediaveldtogte op radio, televisie en sosialemediaplatforms. ‘n Herleefde SMS-blitslyn – 66441 – stel werkers ook in staat om vertroulik gevalle van loonskendings aan te meld.
“Ons het swaar belê in die verhoog van bewustheid,” het Immanuel gesê. “Ons doel is om seker te maak dat werkers hul regte ken en werkgewers hul verpligtinge verstaan.”
’BELOWENDE BEGIN’
Terwyl hy die nakomingskoers van 67% as ‘n “belowende begin” beskryf het, het Immanuel dit duidelik gemaak dat die regering nie sou rus totdat alle besighede die wet nakom nie. “Ons moet voortgaan om te verseker dat die oorblywende 33% van besighede aan die vereiste voldoen,” het hy gesê.
“Ons werkers verdien niks minder as billike en regverdige lone nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie