Adriaan Nel Foto verskaf
Adriaan Nel Foto verskaf

Nel jaag in Angola Nel jaag in Angola

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiër Adriaan Nel het onlangs aan ’n motorwedren in Angola deelgeneem as deel van dié buurland se 50ste herdenking van onafhanklikwording.



“Dit was deel van hul nasionale kampioenskappe en hulle het my as ’n spesiale gas genooi,” sê hy.



Oor sy ervaring in Angola sê Nel: “Dis asof hulle [renjaers] heel anders is. Hulle is ’n bietjie wilder en meer ekstreem, maar hulle is fantastiese mense wat nou soos familie is. Hulle was so goed vir my en het my bederf terwyl ek daar was.”



Hy neem tans ook deel aan die MSA Investchem F4-reeks. Met twee rondes agter die rug, waarvan hy een moes uitsit, is hy tans sewende op die reeks se punteleer.



Nel sê egter dat hy steeds befondsing benodig om hom tot die einde van dié reeks te ondersteun, waar een naweek se deelname sowat N$80 000 kan kos.



“Ons is nog besig met borge. Ons kyk na maatskappye in Namibië en Suid-Afrika, maar die kar bly nog oop vir groot borge,” sê hy.



Nel word tans deur verskeie Namibiese maatskappye soos onder meer Central Cycles, Namibia Sign Factory en Bauers Autowerkstatt geborg.



Hierdie reeks gaan op 13 September by die bekende Killarney-renbaan in Kaapstad voort, waarna die laaste twee rondes in Oktober by die Red Star-renbaan in Johannesburg en die Zwartkops-renbaan in Pretoria aangebied sal word.



Hy het Namibië ook verlede jaar by die internasionale Motorsportfederasie (FIA) se Motorsportspele in Spanje in die kategorie vir e-renne verteenwoordig en hoop om sy passie met jongmense te deel deur renmotornabootsers in skole te vestig sodat skole hul eie spanne vir e-renne kan stig.



Nel het tans drie plaaslike renstelkampioenskappe sowel as twee renmotornabootser-kampioenskappe agter sy naam.



[email protected] Die Namibiër Adriaan Nel het onlangs aan ’n motorwedren in Angola deelgeneem as deel van dié buurland se 50ste herdenking van onafhanklikwording.



“Dit was deel van hul nasionale kampioenskappe en hulle het my as ’n spesiale gas genooi,” sê hy.



Kommentaar

Republikein 2025-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer