N$92 miljard vir die soektog na olie langs Namibië se kus
Ongeveer 43 boorgate sedert 1974 geboor
Syfers van die Amerikaanse Energie-inligtingsadministrasie dui daarop dat ongeveer 60% van 'n boorgat se koste in die boorwerk lê – die huur van boorplatforms, verbruiksgoedere en marine dienste – met minder as 40% in voltooiing en toetsing.
Olie-eksplorasie langs Namibië se kus is lank reeds ’n hoërisiko-aktiwiteit, met elke boorgat wat tientalle – en soms honderde – miljoene Amerikaanse dollars in belegging verteenwoordig.
Bedryfsdata wat uit openbare aankondigings, beleggersaanbiedinge en kostemodelle saamgestel is, dui daarop dat internasionale oliemaatskappye sedert 1974 na raming tussen US$2,56 miljard en US$5,12 miljard (N$46,08 - N$92,16 miljard) aan boorwerk in die diepsee belê het.
’n Konsultantmaatskappy in die Verenigde Koninkryk (UK), Westwood Global Energy Group, het beraam dat die dagtariewe vir diepwaterplatforms in Namibië vir laat 2021 ongeveer US$200 000 (N$3,6 miljoen) was. Beide Westwood en Offshore Magazine het dit later hersien na ’n gemiddeld van US$365 000 (N$6,57 miljoen) per dag, met onlangse tariewe wat US$410 000 (N$7,38 miljoen) sedert 2022 bereik het.
Volgens die olievelddiensverskaffer SLB styg die totale daaglikse koste tot tussen US$700 000 en US$900 000 (N$12,6 - N$16,2 miljoen) wanneer marine ondersteuning, brandstof, boorvloeistowwe, helikopters, logistieke en derdepartydienste bygevoeg word.
Die meeste ultra-diepwaterboorgate in die Oranjekom benodig 55 tot 90 dae om te boor. Rhino Resources het byvoorbeeld onlangs boorgate teen ongeveer 55 dae beplan. Dit beteken ’n enkele boorgat se uitgawes wat wissel na gelang van die duur van die boorwerk kan tussen US$40 miljoen en 80 miljoen (N$720 miljoen - N$1,44 miljard) beloop voordat onder meer omhulsels, buise, toetsing, mobilisering, demobilisering en versekering in ag geneem word.
Dié ekstras verhoog dikwels die totale boorgatkoste tot tussen US$80 miljoen en US$150 miljoen (N$1,44 - N$2,7 miljard), volgens Africa Intelligence en Offshore Magazine.
Syfers van die Amerikaanse Energie-inligtingsadministrasie dui daarop dat ongeveer 60% van ’n boorgat se koste in die boorwerk lê – die huur van boorplatforms, verbruiksgoedere en marine dienste – met minder as 40% in voltooiing en toetsing. Talle eksplorasieboorgate word tydelik laat vaar eerder as om volledig voltooi te word, wat verdere besteding in die boorfase vereis.
HOEVEEL BOORGATE EN WAT KOS DIT?
Teen Oktober 2023 het Namibië “meer as 36” boorgate in die diepsee sedert 1974 geboor.
Sedertdien is ten minste nog sewe voltooi: Galp se Mopane-2X en Mopane-3X (November 2023 en Januarie 2025), Rhino se Sagittarius-1X, Capricornus-1X en Volans-1X (Desember 2024 tot Julie 2025) en twee TotalEnergies-prospekterings wat in Februarie 2025 van stapel gestuur is. Dit bring die totaal op ongeveer 43 boorgate te staan.
’n Analise deur die Financial Times in Maart 2024 het uitgelig dat 17 suiwer eksplorasieboorgate sedert Februarie 2022 geboor is, met ’n hoë sukseskoers.
Deur daardie syfers te gebruik, kan Namibië se geskiedenis van boorwerk in die diepsee in drie kosteperiodes verdeel word:
Ongeveer 19 boorgate is geboor teen US$30 miljoen tot US$80 miljoen elk (N$540 miljoen - N$1,44 miljard), wat altesaam US$0,57 miljard tot 1,52 miljard (N$10,26 - N$27,36 miljard) beloop. ECO Atlantic se data dui op ’n middelpunt van US$0,95 miljard (sowat N$17,1 miljard).
Sewentien boorgate is geboor teen USS$80 miljoen tot 150 miljoen elk (N$1,44 - N$2,7 miljard), wat altesaam US$1,36 miljard tot US$2,55 miljard (N$24,48 - N$45,9 miljard) beloop, met ’n middelpunt van US$1,96 miljard (N$35,28 miljard).
Ongeveer sewe boorgate is geboor teen US$90 miljoen tot US$150 miljoen elk (N$1,62 - N$2,7 miljard), wat altesaam tussen US$0,63 miljard en US$1,05 miljard (N$11,34 - N$18,9 miljard) beloop, met ’n middelpunt van US$0,84 miljard (N$15,12 miljard).
DIE GROTER PRENTJIE
Oor al die periodes val die totale belegging tussen US$2,56 miljard (N$46,08 miljard) en US$5,12 miljard (N$92,16 miljard), met ’n middelpunt van US$3,75 miljard (N$67,5 miljard). Dit stem ooreen met Namibië se onlangse diepwater-ekonomie – tussen US$365 000 en US$410 000/dag (N$6,57 en N$7,38 miljoen/dag), verdubbel vir volle bedryfsverspreiding en vermenigvuldig met 55 tot 90-dae-boorveldtogte.
Soos beklemtoon deur Westwood, Offshore Magazine en bedryfskostewoordelyste, kan variasies in onder meer waterdiepte, toetsomvang, weervertragings en boorplatformmarkkoerse die finale syfers drasties verander. In Namibië dryf dieper boorgate en groter ontdekkings ’n selfs steiler beleggingskurwe – en hoër risiko’s.
Shell se ervaring in Namibië beklemtoon die omvang van die verbintenis. Hoewel die maatskappy nie die koste per boorgat bekend gemaak het nie, het hulle ’n afskrywing van US$400 miljoen (N$7,2 miljard) in die vierde kwartaal van 2024 aangeteken, gekoppel aan sy PEL 39-blok, waar hulle nege boorgate in drie jaar geboor het.
Gegewe Shell se 45%-belang in die blok, beloop die waardevermindering ongeveer US$44,4 miljoen (N$799,2 miljoen) per boorgat vir Shell se aandeel.
As die volle gesamentlike onderneming geëkstrapoleer word, is die afgeleide totaal ongeveer US$889 miljoen (N$16,002 miljard) – of ongeveer US$99 miljoen (N$1,782 miljard) per boorgat.
Dit val binne Namibië se tipiese ultra-diepwater-kostereeks van US$80 miljoen tot US$150 miljoen (N$1,44 tot N$2,7 miljard) per boorgat. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie