'n Happie van die huis

-
-
Patricia van Rooi

Sy ‘stukkie huis’ het van Namibië tot in Duitsland, Oostenryk en Switserland gereis, voordat dit uiteindelik in Liechtenstein, 'n klein, bergagtige Europese land geleë in die Alpe tussen Switserland en Oostenryk sou beland. 

Enrique Vermeulen het sy grootworddorp Grootfontein in die vorm van ‘n pak Simba-skyfies saam met hom die winterwitlandskap van die Alpe op geneem toe hy die Schönberg-Weg (Roete 999) in Malbun, Liechtenstein, gaan stap het. Die pakkie skyfies was vir Enrique ‘n herinnering aan waar hy grootgeword het.

“Ek is beslis ’n groot Simba-aanhanger. Ek het op Grootfontein, Namibië, grootgeword en Simba-skyfies was nog altyd een van my gunstelinge. Ek het besluit om ’n pak saam te vat omdat dit my aan die huis herinner,” vertel hy.  

Enrique erken hy was stomgeslaan toe hy sien daar was nog heelwat skyfies in die pak heel, ten spyte van die lang reis oor landsgrense heen. is na ‘n lang reis oor landsgrense heen nog heelwat heel

“Ek dink dit het beslis vir my ’n ekstra hupstoot gegee! Ná ’n lang opdraande was dit lekker om iets van die huis te kon eet terwyl ek tussen die berge gestaan het,” sê Enrique.

Hy woon sedert April 2024 in Nederland, waar hy as 'n meulmaker werk. Enrique het sy opleiding by die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) op Tsumeb voltooi. - [email protected]



Kommentaar

Republikein 2026-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer