Munisipaliteit verwerp bewerings van gebrek aan trae optrede, hulp
Opgradering van informele nedersettings onder loep
Intussen het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Stad Windhoek se voorgestelde kragtariefverhoging van 4% verdedig.
Elizabeth Kheibes en Nikanor Nangolo
Stad Windhoek (CoW) het berigte ontken wat daarop dui dat die munisipaliteit stadig of onbehulpsaam was met die opgradering van informele nedersettings onder die regering se nasionale inisiatief van N$750 miljoen nie.
In ’n verklaring wat verlede week uitgereik is, het die munisipaliteit beklemtoon hy is lank reeds besig met opgraderingsprojekte, lank voordat die nasionale program in Maart vanjaar van stapel gestuur is, en bewerings dat hy “wanpresteer” as ongegrond afgemaak.
Volgens CoW het die raad reeds in 2020 ’n strategie aangeneem om die oplewing van informele nedersettings deur gestruktureerde grondlewering en behuising aan te pak. Opvolgbesluite in 2021 het ’n gefaseerde benadering uiteengesit wat lae- en middelinkomstehuishoudings teiken.
“Hierdie proaktiewe beplanning het die munisipaliteit in staat gestel om sonder probleme by die breër nasionale inisiatief aan te sluit,” lui die verklaring.
Projekte wat tans aan die gang is, sluit Havana Uitbreidings 12 tot 14, Otjomuise Uitbreidings 8, 14 en 15 en Okuryangava Uitbreiding 5 in.
CoW voer aan dié projekte is ’n bewys van sy verbintenis tot die verskaffing van gedienste grond, munisipale infrastruktuur en behuising in onderbediende gemeenskappe.
Berigte dat die munisipaliteit versuim het om saam met die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te werk, is summier verwerp.
Munisipale amptenare het gesê hulle het al die maandelikse tegniese vergaderings met ander plaaslike owerhede bygewoon en het gedetailleerde verslae ingedien, waarvan die jongste in Augustus 2025 was. Vroeër in April en Mei, sê die munisipaliteit is skedules, finansiële beramings en raamwerke aan die ministerie gestuur vir oorweging.
VOORWAARDES
Terwyl die munisipaliteit die belofte van N$750 miljoen verwelkom het, het hulle kommer uitgespreek oor sommige van die voorwaardes wat daaraan verbonde is.
Die belangrikste hiervan is ’n vereiste dat CoW as ’n “openbare entiteit” ingevolge die Wet op Openbare Verkryging van 2015 behandel moet word, iets wat die munisipaliteit aanvoer “wetlik onvanpas en nie uitvoerbaar is nie”.
Die munisipaliteit het ook die tydlyne en mylpale wat deur die ministerie gestel is, as onrealisties beskryf en opgemerk dat statutêre prosesse kragtens die wet op stedelike en streekbeplanning en verkrygingswette meer tyd verg om te voltooi.
“Ten spyte van dié beperkings gaan CoW voort met implementering teen die vinnigste wetlik toelaatbare tempo,” lui die verklaring, en voeg by dat Windhoek se besteding dié van ander plaaslike owerhede sal oortref.
Gesprekke oor die N$750 miljoen wat weens sogenaamde swak prestasie gesny is, is ook weerlê. CoW het gesê die ministerie se laaste korrespondensie in Mei het die volle bedrag bevestig en geen besnoeiing is geformaliseer nie.
Die debat oor die opgradering van informele nedersettings kom teen die agtergrond van Windhoek se behuisingsagterstand, wat lank reeds ’n brandpunt in stedelike politiek is.
KRAGTARIEFVERHOGING
Intussen het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, Donderdag CoW se voorgestelde 4%-kragtariefverhoging verdedig.
Hy het aangevoer die aanpassing is in ooreenstemming met NamPower se gemiddelde tariefverhoging van 3,8% en ook gesê die verhoging is nodig om die finansiële volhoubaarheid van die hoofstad se elektrisiteitsdienste te handhaaf.
In reaksie op ’n parlementêre vraag oor of CoW ’n limiet op jaarlikse tariefaanpassings sou oorweeg om bekostigbaarheid te verseker, het Sankwasa gesê: “Ongelukkig kan kragtariefaanpassings nie lukraak gestaak word nie” aangesien dit gedryf word deur onderliggende koste van opwekking, transmissie en verspreiding.
“Aangesien NamPower ’n beduidende gedeelte van sy elektrisiteit van Eskom verkry, beïnvloed enige verhoging in Eskom se pryse NamPower direk en alle verspreiders in die voorsieningsketting, insluitend Stad Windhoek.
“Om ’n limiet sonder ’n staatsubsidie in te stel, sal die finansiële lewensvatbaarheid van NamPower, Stad Windhoek en die breër elektrisiteitsektor in gevaar stel. So ’n stap sal die lewensvatbaarheid van elektrisiteit ondermyn.”
Op die vraag of die voorgestelde verhogings daarop gemik is om ondoeltreffendhede binne CoW se kragverskaffingsbedrywighede te verberg, het die minister dié bewerings van die hand gewys.
Sankwasa het beklemtoon dat CoW steeds daartoe verbind is om pryse bekostigbaar te hou terwyl die munisipaliteit in betroubare dienslewering belê.
“Dié verbintenis word in Windhoek se huidige tariefvlakke weerspieël, wat steeds van die laagste in Namibië is.
“In vergelyking is Stad Windhoek se tarief N$2,40, terwyl Erongo s’n N$2,70, Cenored N$2,50, Nored N$2,60, Stad Kaapstad N$3, eThekwini N$3 en Ekurhuleni N$3,60 is. Windhoek bly dus die laagste teen N$2,40,” het Sankwasa gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie