Munisipaliteit ervaar ‘tegniese probleme’
Windhoek se munisipaliteit het gister in ’n kennisgewing gesê hy ervaar tans uitdagings met aanlyn betalings wat van kliënte ontvang is.
Dit het daartoe gelei dat sommige inbetalings nie op sy stelsels aangedui word nie. Aanlyn betalings wat na twee van die munisipaliteit se FNB-rekeninge (met rekeningnommers 55500033613 en 62012146115) vanaf 13 Augustus gemaak is, sal nie op munisipale state weerspieël nie.
Rente is gevolglik op munisipale state vir agterstallige betalings bygevoeg, maar die munisipaliteit sê dié heffings sal nie enige invloed hê nie.
Die munisipaliteit het inwoners gevra om tot verdere kennisgewing hul bewys van betaling na [email protected] te stuur om te voorkom dat hul munisipale dienste opgeskort word.
Die munisipaliteit het inwoners verseker dat geen heffings opgelê sal word na aanleiding van dienste wat moontlik verkeerdelik afgesny mag word weens beweerde wanbetaling nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie