MUN algemene sekretaris George Ampweya, waarnemende president Poco Mathew Mberiuana en adjunk algemene sekretaris Paulus Situmba.
Foto Augetto Graig
MUN algemene sekretaris George Ampweya, waarnemende president Poco Mathew Mberiuana en adjunk algemene sekretaris Paulus Situmba. Foto Augetto Graig

MUN se leierskap in ’n krisis gedompel

Augetto Graig
Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) se leierskapskrisis is gister op die voorgrond geplaas nadat die waarnemende president Poco Mathew Mberiuana, sy voorganger Ismael Kasuto en die voormalige adjunkpresident van die vakbond, Desley Somseb, van korrupsie beskuldig het.

Mberiuana beskuldig die twee daarvan dat hulle die Namibia Miners Investment Trust (NAMIT) gekaap het, en verantwoordelik is vir die onreëlmatige uitbetaling van N$250 000 uit dié trustrekening.

Somseb sê dit is Mberiuana en sy faksie binne die vakbond se leierskap met hul hande in die sakke van die trust, wat MUN se multimiljoendollar sake-arm, Namibia Mineworkers Investment Holdings Company (Nam-mic) besit, en probeer om vir hom en Kasuto uit te stoot om toe te laat dat die misbruik van miljoene dollar voortduur.

Kasuto beklemtoon dat die N$250 000 nie in sy eie rekening inbetaal is nie, soos wat geïnsinueer word, en noem die leierskapoorgang ’n “staatsgreep”.

“Leuens het kort bene,” sê hy en doen ’n beroep op ’n buitengewone kongres om so gou as moontlik belê te word.

Volgens hom het die nuwe leierskap by die eerste geleentheid aan die bank geskryf om beheer oor die NAMIT-rekening te verkry. Die trust se rekening is intussen deur die bank gevries, het beide Mberiuana en Somseb bevestig.

Die MUN-hoofkantoor in Katutura was gister die toneel waar Mberiuana, MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sy adjunk Paulus Situmba, en Brion Tjihero, die nasionale opleidingskoördineerder, hul kant van die saak met die plaaslike media gedeel het.

Volgens Mberiuana is Kasuto en Somseb uit hul posisies verwyder deur ’n mosie van wantroue op ’n spesiale vergadering op 28 April in Tsumeb.

Onmiddellik daarna het die twee ’n trusteevergadering belê waar besluit is om N$250 000 aan ’n prokureursfirma oor te plaas vir die betaling van toekomstige hofsake teen die trust.

Mberiuana sê 17 trustees moet op NAMIT se direksie dien, terwyl slegs nege by die meester van die hooggeregshof geregistreer is. Van die nege het twee nie die trusteevergadering bygewoon nie, en drie het nie meer die reg gehad om die vakbond as trustees te verteenwoordig nie, volgens Ampweya.

“Ons rekord dui egter nie op enige hofsake teen die trust nie,” het Mberiuana gesê.

Kasuto en Somseb dagvaar intussen die MUN en sewe ander om die besluit nietig te laat verklaar, maar die dringendheid van die kwessie is volgens Mberiuana nie deur die hof toegestaan ​​nie.

Op 11 Mei is die twee se vakbondlidmaatskap ook opgeskort, luidens Mberiuana.

“Die president is verwyder weens sy onetiese leierskap,” het hy aangevoer.

Die uitvoerende komitee het ook ’n resolusie goedgekeur om ’n forensiese oudit van die trust te laat uitvoer.

Verder lig MUN se nuwe leierskap ou arbeidsgeskille uit, en die opskorting van lidmaatskap van 11 mynwerkers by Swakop Uranium as voorbeelde van Kasuto en Somseb se mislukte leierskap, en ander kwessies wat MUN nou opnuut gaan takel.

“Die organisasie gaan deur ’n regstellende, selfgerigte en vernuwingsproses om te verseker dat MUN ’n lidgesentreerde organisasie bly,” sê Mberiuana en vra vakbondlede om kalm te bly.

Somseb sê egter hy en Kasuto word geteiken omdat hulle hul uitgespreek het teen die misbruik van MUN-geld en vrae begin vra het oor onreëlmatige uitbetalings aan vreemde rekeninge. Volgens hom is Mberiuana onder meer hierby betrokke.

“Hulle kom vir die geld,” het Somseb gesê.

Volgens hom het Nam-mic aan die begin van vanjaar N$13,5 miljoen in die NAMIT-rekening oorgeplaas, met nog ’n betaling van N$13,5 miljoen wat in die laaste kwartaal van vanjaar verwag word.

Hy sê die bykomende trustees is nie bygevoeg nie omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het nie en nie die aanvaardingsvorms voltooi het nie.

Somseb sê hy het self die forensiese oudit aangevra en dat hy nou saam met Kasuto die hoërhof nader om die trust onder administrasie te laat plaas en dit ook onder forensiese oudit te ondersoek.

“Dit is uitsetting. Ek ken hierdie politiek. Dit is wat hulle doen, sodat ek nie die kongres as volbetaalde lid kan bywoon en vrae daar kan beantwoord nie,” sê Somseb.

Volgens hom is “gierige leierskap” binne die vakbond besig met “vuil politiek”; dat baie mense toegesluit sal word as die ouditverslae uitkom, en dat hy sal aanhou baklei “al beteken dit ek sit my lewe op die spel”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%