MTC: Randgemeenskappe verbind tot veselnetwerk
Internetdiens na agt gebiede uitgebrei
Die strategie vorm deel van MTC se strategie om randgemeenskappe met betroubare hoëspoed-internet te verbind en nie net stedelike gebiede nie.
Inwoners van Maltahöhe, Rietoog, Stampriet, Aranos, Oshifo, Tsandi, Otavi en Khorixas sal voortaan van MTC se Spectra-internetdiens gebruik kan maak nadat die staat se telekommunikasiediensverskaffer sy optieseveselnetwerk na dié gebiede uitgebrei het.
MTC se hoofkommunikasiebeampte, Tim Ekandjo, het gesê meer Namibiërs sal ná die einde van die huidige boekjaar van hierdie diens gebruik kan maak.
“As deel van ons kommersiële strategie sal MTC landelike en semi-stedelike gemeenskappe landswyd in die komende maande tot die einde van ons fiskale jaar aan ons veselnetwerk koppel,” het hy gesê.
Ekandjo sê dit vorm deel van die maatskappy se strategie om randgemeenskappe met betroubare hoëspoed-internet te verbind en nie net stedelike gebiede nie.
“Ons Spectra-aanbod is die jongste toetreder tot die hoogs mededingende vaste internetmark en ons gefaseerde benadering was nog altyd om sentraal te begin met die doel om uit te brei.
“Dit is dus opmerklik dat die uitrol van ons vesel-transmissienetwerk vir vaste internetdienste hoofsaaklik op stedelike gebiede gefokus was,” het Ekandjo gesê.
Volgens hom bly MTC toegewyd in sy verbintenis om Namibiërs in afgeleë gebiede aan die internet te koppel.
“MTC is daartoe verbind om Namibië se digitale transformasie en sosioëkonomiese groei te ondersteun en meer as ooit tevore is ons gefokus op ons inklusiewe benadering.
“Dit beteken huishoudings en besighede in Maltahöhe of Uis kan gelyke toegang tot gehalte en bekostigbare internetkonnektiwiteit hê – wat hulle in staat stel om deel te neem aan en betekenisvol tot die hoofstroom-ekonomie by te dra,” het Ekandjo gesê.
Namibië se oudste telekommunikasiediensverskaffer het vroeër vanjaar die ontplooiing van sy veselnetwerk aangekondig, wat na verwagting nog 2 738 km sal uitrol, as deel van sy langtermynstrategie.
MTC het ook twee weke gelede 5G-internetkonnektiwiteit in Windhoek, Swakopmund, Oshakati, Ongwediva en Walvisbaai van stapel gestuur en belowe dat meer dorpe in die toekoms dié tipe verbinding sal kan gebruik.
“Ons is dus bly dat ons ons Spectra-internetdienste na agt nuwe gebiede uitgebrei het en is trots op ons onlangse bekendstelling van 5G-dienste.”
“Inklusiwiteit is kern tot ’n volhoubare ekonomie. Daarom is ons daartoe verbind om Namibiërs digitaal te verbind,” het Ekandjo gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie