ABANDONED:  The Kavango East fisheries and marine resources regional office which has been abandoned.
ABANDONED: The Kavango East fisheries and marine resources regional office which has been abandoned.

Ministeriekantoor ná 11 jaar nog nie voltooi

Sedert 2012 in boufase
Die visseryeministerie se streekkantoor in Kavango-Oos het gesê die projek is in sy spore gestuit omdat die kontrakteur wat die oorblywende werk moet voltooi, besluit het om sy prys te verhoog.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe

’n Infrastruktuurprojek van N$16 miljoen wat die ministerie van visserye en mariene hulpbronne op Rundu van stapel gestuur het en sedert 2012 in ’n boufase is, staan steeds onvoltooid.

Vier jaar is reeds verby sedert daar oor hierdie onvolledige struktuur berig is, maar geen positiewe vordering met die projek is sigbaar nie, behalwe vir die gras, struike en wilde bome wat hoog en onbeheersd buite groei.

Pogings om kommentaar te kry van beide die ministerie van werke en vervoer sowel as die visseryeministerie het teen druktyd geen vrugte afgewerp nie, aangesien niemand ’n antwoord kon gee oor wat die projek vir meer as ’n dekade vertraag het nie.

Ons susterkoerant Namibian Sun het in 2019 berig hoe die visseryeministerie se streekkantoor in Kavango-Oos gesê het die projek is in sy spore gestuit omdat die kontrakteur, Africa Civil Engineering, aan wie die bouperseel op 7 Augustus 2015 oorhandig is om die oorblywende werk te voltooi, besluit het om die prys te verhoog. Die ministerie was egter nie bereid om dié prysverhoging te oorweeg nie.

Die ministerie van werke het destyds probeer om die kontrak te beëindig, maar in ’n onlangse onderhoud met die uitvoerende hoof van Africa Civil Engineering, Petrus Kapula, het hy gesê die ministerie het misluk om die tender van sy maatskappy weg te neem.

Kapula het verduidelik sy maatskappy het die perseel verlaat weens wanbetaling deur die staat vir tot vyf maande en toe hy veronderstel was om die bouwerk te hervat, was daar ’n geredekawel omdat Africa Civil Engineering nie meer die werk kon voltooi teen die tariewe wat die staat gegee het nie.

Hy het verder bygevoeg die staat was nie bereid om hom volgens die markprys van materiaal te betaal nie, maar wou eerder volgens die aanvanklike 2015-tariewe werk – iets wat hy nie bereid was om te duld nie.

“Onthou, daardie tariewe is vir 2015 en hulle is nie meer lewensvatbaar nie, ons kan nie dieselfde tariewe in 2023 gebruik nie want die pryse het gestyg en daarom moet die prys verander word na die huidige markprys.

“Die kwessie waarmee ons nou sit, is dus dat die departement van werke nie daardie tariewe wil hersien nie. Ons het talle briewe aan die departement geskryf waarop ons geen reaksie gekry het nie.

“Hulle het probeer om die kontrak te beëindig, maar dit kan nie deurgaan nie, want die kontrakteur is nie die een wat fouteer nie.”

Kapula het ook bygevoeg weens die feit dat die bestaande strukture verskeie weerstoestande moes verduur, sal daar ook werk wees wat oorgedoen moet word, wat sal meebring dat die projek meer kos as waarvoor aanvanklik begroot is.

Vandaar sy versoek aan die belanghebbendes om die proses te bespoedig sodat die projek so gou as moontlik afgehandel kan word om te verhoed dat meer koste aangegaan word.Africa Civil Engineering het die projek oorgeneem nadat die kontrak van Executive City Construction, die aanvanklike kontrakteur in 2012, beëindig is omdat hy nie die werk volgens die oorspronklike bepalings uitgevoer en voltooi het nie.

Africa Civil Engineering sou na verwagting die projek teen die einde van 2018 voltooi.

“Ons het ons kapasiteit en vermoë aan die ministerie getoon om hierdie projek af te handel. Sodra alles in plek is, sal ons hierdie projek waarskynlik binne ses tot sewe maande voltooi,” het Kapula gesê.

Dit het verder aan die lig gekom dat Africa Civil Engineering sowat N$5,8 miljoen betaal is vir werk wat van 7 Augustus 2015 tot 7 Julie 2017 gedoen is. Sowat N$643 000 is deur die ministerie van werke teruggehou, wat betaal sou word sodra die projek voltooi is.

Die ministerie van visserye huur tans kantore by die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), voorheen bekend as die Namibië Ontwikkelingskorporasie (NDC), waar die ministerie al vir meer as ’n dekade 13 kantore en twee stoorkamers vir sy amptenare huur.

In 2019 het die amptenare hul ontevredenheid met hul werksomgewing uitgespreek, aangesien sommige kragproppe en die ligte nie werk nie en ruimte beperk is.

Die ministerie het verduidelik hulle staar ’n aantal uitdagings by die gehuurde perseel in die gesig.

Sodra die kantoorprojek voltooi is, sal dit glo ’n kantoorgebou, ablusieblok, werkswinkel, wasbak en fasiliteit om nette te droog, ’n visvoerstoor, ’n boot- en sleepwa-stoorfasiliteit, motorhuise, ’n kragopwekkerkamer en ’n waghuis huisves.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.92/OZ DOWN -0.0094 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 930.50/T UP 0.64% | Brent Crude Oil US$ 84.42/BBP UP +0.15% | Platinum US$ 960.83/OZ UP +0.56% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.92/OZ DOWN -0.0094 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 930.50/T UP 0.64% | Brent Crude Oil US$ 84.42/BBP UP +0.15% | Platinum US$ 960.83/OZ UP +0.56%