Mienke in die vloot
Iréne-Mari van der Walt
Van ’n plaasnooi van Gobabis tot skepe op waters ver van hier. Vir die Namibiër, Mienke Delport, bied haar werk in die Britse vloot haar die geleentheid om haar drome te verwesenlik. Maar steeds is die verlange groot na haar geboorteland waar sy op ’n plaas naby Gobabis grootgeword het.
“Ek mis my huis in Namibië — die uitgestrekte plaasvelde, die warmte van die mense en daardie kenmerkende droë hitte wat in die lug hang. Daar is niks soos die stil skoonheid van die bos en daardie gevoel van werklik behoort nie,” sê Mienke.
Sy vertel dat sy ná skool nog onseker was oor wat sy wou doen. Toe die geleentheid oor haar pad kom om by die Britse vloot aan te sluit, kon sy dit nie deur haar vingers laat glip nie. “Ek het dit oorweeg om op seiljagte te werk as ’n ‘deckhand’ of ‘stewardess’, maar toe het die geleentheid om by die Royal Navy aan te sluit onverwags oor my pad gekom en ek het geweet dit is iets wat ek móét aangryp.”
Volgens Mienke was dit haar neef wat die oorspronklike saadjie geplant vir haar planne om by die vloot aan te sluit. “My neef is ’n ‘Royal marine’ en dit is hy wat my in 2021 van die Royal Navy vertel het. Sy ervaring en stories het my geïnspireer om self aansoek te doen,” sê sy.
Nadat Mienke haar aansoek ingedien het, het dit egter drie jaar geneem voordat sy kon begin.
“Dit was ’n lang wag, maar ek het vasgebyt en aangehou glo in my droom. Vandag is ek dankbaar dat ek deurgedruk het, dit was alles die moeite werd,” sê sy.
Oor haar aanpassing in die Verenigde Koninkryk sê sy: “Alles hier is vreemd, veral die kos – dit kom glad nie naby aan die smaak en gehalte van Namibië se vleis nie. Die koue, nat weer is ’n groot aanpassing, veral vir iemand wat son en droë vlaktes ken. Maar tog is die landskappe sprokiesagtig, en die kastele wat uit die mis verrys, laat my voel asof ek in ’n ander era rondstap. Dis mooi op ’n ander manier, soos iets uit ’n ou storieboek.”
Sy hoop om minstens vyf tot tien jaar in die vloot te dien en wil graag op die oorlogskepe werk.
“Dit is my droom om die wêreld deur die see te verken en verskeie lande te besoek. Die Koninklike Vloot bied my die geleentheid om nie net my loopbaandoelwitte te bereik nie, maar ook my persoonlike drome waar te maak,” sê Mienke. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie