Melber bedank oor ‘Slagter van Lubango’
Nikanor Nangolo
Die gerekende politieke ontleder, prof. Henning Melber, het Saterdag as lid van Swapo bedank. Die rede is die party se amptelike erkenning van wyle Solomon Hawala, voormalige hoof van die Namibiese weermag (NDF) wat volgens Melber pynlike herinneringe weer opgehaal het.
Melber wat vir meer as 50 jaar lid van Swapo was, het sy bedanking aan die party en Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah gerig en erken dat hy “homself net soveel geflous het as wat Swapo die mense verraai het”.
SPYT
Hy het in 1974 by Swapo aangesluit en dit beskryf as “’n verandering in my lewe waaroor ek nooit spyt was nie”.
“Maar vir dieselfde waardes en basiese etiese en morele beginsels wat my gemotiveer het om standpunt in te neem ter ondersteuning van die stryd vir selfbeskikking en menswaardigheid, moet ek nou skei van ’n organisasie wat jare lank soos ’n familie vir my was,” het hy geskryf.
Melber het spesifiek verwys na die party se onlangse stap om wyle Hawala te vereer.
“Kameraad President, u erkenning van wyle Solomon Hawala het pynlike herinneringe teruggebring aan die donkerste hoofstuk in Swapo se geskiedenis, wat ons sedertdien nie erken en waarvoor ons nie verantwoordelikheid geneem het nie. U het hom geprys as ‘n ikoniese figuur van die Namibiese revolusie en verklaar dat u sy lewe wat hy in die nastrewing van vryheid, vrede, eenheid en voorspoed vir alle Namibiese mense gewy het, sal vier. U het aan hom ‘n onwrikbare toewyding aan nasionale eenheid toegeskryf, as ‘n inspirasie vir toekomstige geslagte.
“Ten spyte van beter wete, het u hom die eer van ‘n staatsbegrafnis betoon,” het hy gesê.
Vir ‘n halfeeu, het Melber gesê, het hy oortuig gebly dat solidariteit, vryheid en geregtigheid die leidende beginsels vir die party was.
“Daar was baie geleenthede waar ek, vandat ek bewus geword het van die berugte gate, bekommerd was dat my geloof as ‘n verskoning gedien het om nie van Swapo afskeid te neem nie, wat ‘n sentrale plek in my lewe gehad het as ‘n baken van hoop en optimisme. Die tyd het aangebreek om te erken dat ek myself net soveel geflous het as wat Swapo die mense verraai het,” het Melber geskryf.
“As ‘n saak van die herstel van persoonlike integriteit, is dit uiteindelik tyd vir my om weg te stap. Wees verseker dat my liefde vir en lojaliteit teenoor Namibië en haar mense wat teen alle verwagtinge veg vir ‘n menswaardige en ordentlike lewe, ongeskonde sal bly. Julle kan op my staatmaak dat ek lojaal bly aan die gees van en toewyding aan solidariteit, vryheid en geregtigheid,” het hy bygevoeg.
Melber het grootgeword in Esslingen am Neckar en Leutkirch in Baden-Württemberg, Duitsland. Hy het in 1967 as tiener en die seun van Duitse immigrante na Namibië verhuis en sy skoolloopbaan in 1970 aan die Duitse Hoër Privaatskool in Windhoek voltooi.
Melber het in 1974 by die Swapo-bevrydingsbeweging aangesluit. Van 1975 tot 1989 is hy verban om Namibië binne te gaan en tot 1993 ook Suid-Afrika. Na Namibië se onafhanklikheid op 21 Maart 1990 het hy na die land teruggekeer. In 2000 het hy na Swede verhuis.
Melber se bedanking volg op president Nandi-Ndaitwah wat postuum Nasionale Heldestatus en ‘n staatsbegrafnis aan die afgetrede luitenant-generaal Dumeni Solomon Hawala toegeken het.
Nandi-Ndaitwah het danksy die magte wat aan haar verleen word deur die Namibiese Grondwet en die wet op die toekenning van nasionale eerbewyse, die staatsbegrafnis vir Hawala aangekondig wat op 11 Augustus dood is. Die begrafnis vind op 6 September op Ongwediva in die Oshanastreek plaas.
“President Nandi-Ndaitwah erken luitenant-generaal (afgetree) Hawala vir sy voortreflike militêre diens, standvastige leierskap en onwrikbare toewyding tot Namibië se bevryding en nasiebou. Sy nalatenskap bly ‘n simbool van moed, patriotisme en verbintenis tot die ideale van vryheid en onafhanklikheid,” lui die aankondiging.
“Namens die regering en die mense van die Republiek van Namibië, betuig president Nandi-Ndaitwah opregte meegevoel aan die hele bedroefde familie, kamerade en vriende en wens hulle sterkte en vertroosting toe gedurende die tyd van rou.”
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa het teen druktyd nie op ‘n versoek vir kommentaar gereageer nie.
Verlede week het NMH berig regeringsamptenare is verdeeld oor of ‘n heldebegrafnis toegestaan moet word aan Solomon ‘Jesus’ Hawala wat wyd verbind word met beweerde menseregteskendings in Swapo se gevangeniskampe in Angola tydens die bevrydingstryd.
Hawala, wat die bynaam ‘Slagter van Lubango’ gekry het vir die beweerde gruweldade, word deur baie beskou as een van die sentrale figure in Namibië se oorlog vir onafhanklikheid.
Pauline Dempers, koördineerder van Breaking the Wall of Silence (BWS), het Sondag op die program The Agenda op Network Television (NTV) gesê sy beskou wyle Jesus Hawala nie in isolasie nie.
Volgens Dempers het hy “die bevele uitgevoer waarop Swapo besluit het” en dat die gruweldade wat gedurende die tydperk gepleeg is, gesien moet word in die konteks van breër partyriglyne.
“Ons kan dus nie na Jesus Hawala kyk as hierdie een man wat gekom het om Namibiërs te martel en dood te maak nie. Hierdie optrede was deel van besluite wat geneem is, moontlik deur die sentrale komitee of politburo van Swapo, wat spioene geteiken het.
“Ja, hy was wreed, maar hy het ’n taak uitgevoer,” het Dempers gesê.
Sy het ook die vraag gestel indien Hawala onafhanklik opgetree het, waarom wyle stigterspresident Sam Nujoma as opperbevelhebber dan nie sulke misbruike kon stop nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie