Mej. Namibië ontvang grootste pryspakket ooit
Michael Kayunde
Die Mej. Namibië-organisasie, in vennootskap met die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en Debmarine Namibia, het Woensdag die grootste pryspakket in die geskiedenis van dié kompetisie bekend gestel, met pryse ter waarde van N$1,6 miljoen wat die nuut gekroonde Mej. Namibië 2025, Johanna Swartbooi, sal ontvang.
Vir die eerste keer sal Mej. Namibië ’n huiseienaar word en ’n splinternuwe huis ter waarde van N$750 000 ontvang, wat deur die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) geborg is. Sy ontvang ook ’n Toyota Starlet Cross ter waarde van net meer as N$305 000, geborg deur Pupkewitz Toyota, wat sy ná haar jaar as Mej. Namibië kan hou.
Swartbooi wen ook N$150 000 in kontant, ’n maandelikse toelaag van N$3 000 en ’n driejaarbeurs ter waarde van N$85 000 van Lingua International College.
I AM Hair & Beauty, Oukolule Wellness Team en Primo Beauty bied dienste ter waarde van N$850 000 aan Mej. Namibië, asook professionele fotografie deur KeenStudio ter waarde van N$144 000.
Windhoek Optics sal Daniel Hechter-horlosies en -sonbrille ter waarde van N$52 000 aan die topdrie skenk.
Die wenner sal ook gesondheidsprodukte van Tuli Line Cosmetics ter waarde van N$39 000, tandheelkundige sorg van OralWise Dental Studio en ’n tollie van die Ondonga-koning, ter waarde van N$15 000, ontvang.
Die naaswenners wen ook aansienlike pryse: Uatjiri Mbaisa, die eerste prinses, sal N$70 000 ontvang, en die tweede prinses, Tuilika Andreas, N$50 000. Beide sal, soos die res van die top-10-finaliste, kleiner kontanttoekennings en NamPost-spaarrekeninge ontvang.
Die titels van Mej. Fotogenies, Mej. Persoonlikheid en Mej. Publieke Keuse ontvang elk N$5 000 in kontant.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie