Keetmanshoop-munisipaliteit is onder die vergrootglas van die ouditeur-generaal se kantoor. Foto verskaf
Keetmanshoop-munisipaliteit is onder die vergrootglas van die ouditeur-generaal se kantoor. Foto verskaf

Meer as N$30 m. ‘verdwyn’ uit Keetmanshoop se koffers

Ouditeur-generaal opper ongerymdhede in verslag
Dié stand van sake het rooi ligte laat flikker rakende oudits en politieke blaamspeletjies.
Elizabeth Kheibes
Meer as N$30 miljoen by die Keetmanshoop-munisipaliteit kan nie rekenskap voor gegee word nie.

Dit volgens ’n verslag deur die ouditeur-generaal, wat die grondslag gevorm het van ’n gespanne verhoor deur die Nasionale Raad se openbare rekeningekomitee.

Die finansiële oorsig, wat die boekjare 2020 en 2021 dek, skets ’n somber prentjie van sistemiese wanbestuur, ontbrekende dokumentasie en moontlik ongemagtigde besteding, wat uiteindelik lei tot ’n ongunstige ouditmening – die strengste klassifikasie wat vir ouditeure beskikbaar is.

Dié bevindinge is Woensdag voorgelê tydens ’n openbare verhoor met die munisipaliteit, wat gehou is om die ouditeur-generaal se verslag vir 2020-’21 te bestudeer.



GROWWE NALATIGHEID

Kern tot die verslag is die onverklaarbare konflik van meer as N$30 miljoen oor verskeie finansiële komponente, insluitend belasting op toegevoegde waarde (BTW), handelskrediteure, bankrekonsiliasies, lenings wat ontvang is en ontbrekende fakture.

In een van die voorbeelde was die munisipaliteit se BTW-verklarings aan die ontvanger van inkomste met ’n verstommende N$11,1 miljoen in 2021 en N$11,9 miljoen in 2020 uit, wat dui op growwe nalatigheid of potensiële manipulasie van belastingverpligtinge.

Verder het ondersteunende dokumente vir meer as N$5 miljoen in munisipale krediteure en uitgawes ontbreek, wat kommer laat ontstaan het oor die aanspreeklik van geld wat na bewering aan dienste en verskaffers bestee is.

Net so kommerwekkend was die munisipaliteit se versuim om sy bankrekeninge te rekonsilieer.

Die 2021-boekjaar het ’n verskil van N$3,4 miljoen tussen die bankrekonsiliasie en die finansiële state aan die lig gebring. ’n Verdere N$10,3 miljoen vanaf 2020 is glad nie in die amptelike state bekend gemaak nie.



UITGAWES

Die verslag laat ook rooi ligte flikker oor die vraag of die munisipaliteit hoegenaamd finansieel volhoubaar is.

Keetmanshoop het opgehoopte verliese van meer as N$87 miljoen aangeteken, met laste wat bates oorskry.

“Hierdie toestande dui op die bestaan van wesenlike onsekerhede oor die raad se vermoë om sy verpligtinge in die normale loop van sake na te kom,” het die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, gesê.

Die munisipaliteit se bateregister kon ook nie geverifieer word nie, met meer as N$9 miljoen in teenstrydighede wat vir 2021 aangeteken is. Net so het voorraadrekords ’n verskil van N$23 miljoen in 2020 getoon, sonder ’n duidelike verduideliking van die bestuur.

Kandjeke het verder onthul dat die munisipaliteit, ten spyte van ’n 2019-opdrag van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling wat plaaslike owerhede vereis om Internasionale Openbare Sektor Rekeningkundige Standaarde (IPSAS) aan te neem, nie daaraan voldoen het nie. Kritieke openbaarmakings soos rekeningkundige beleide en inkomste-ontledings was ook afwesig.

Soos die verhoor ontvou het, het raadslede en senior bestuurders nie opgedaag nie, wat munisipale personeel genoop het om te antwoord op die wydverspreide teenstrydighede. Komiteelede het hul kommer uitgespreek oor die gebrek aan verantwoordbaarheid van die munisipaliteit se leierskap.



POLITIEKE MODDERGOOIERY

Die politieke agtergrond van die verhoor het ook die ondersoek verskerp.

Teen die einde van Junie het ’n heftige gesprek tussen die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, en die leier van die Landless People’s Movement (LPM), Bernadus Swartbooi, uitgebreek, wat deur Swartbooi aangehits is.

Swartbooi het Sankwasa ’n “blikpotdiktator” genoem, en Sankwasa het teruggekap en gesê Swartbooi het afgewyk van die haglike finansiële situasie van die ||Kharas-streekraad, wat na bewering onder LPM-leierskap plaasgevind het.

“Voordat hy adjunkminister geword het, was Swartbooi goewerneur van ||Kharas. Wat het hy gedoen om ontwikkeling daar te bring?” het Sankwasa tydens ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gevra.

“Toe dinge onder sy leierskap verkeerd geloop het, het hy van die skip af gespring en ’n politieke party gestig.”

Hy het beweer die oudit het die misbruik van ontwikkelingsfondse aan die lig gebring, wat bedoel was om die streek op te hef.

“As hy beweer dat hy ’n goeie leier is, kan hy verduidelik wat onder sy toesig gebeur het? Hierdie geld was bedoel vir ontwikkelingsprojekte. Maar dit is misbruik. Ek gaan hulle steeds hiervoor aanspreeklik hou. Dis my plig, of hy daarvan hou of nie.”



GEMORS AGTERGELAAT

Die LPM het Sankwasa se bewerings dat dié party verantwoordelik is vir die finansiële wanbestuur by die Keetmanshoop-munisipaliteit ontken en gesê die betrokke ouditverslag dek ’n tydperk toe die dorp nog onder Swapo se beheer was.

“Die finansiële jare 2019 en 2020 was onder Swapo se toesig. Die LPM het eers in 2021 aan bewind gekom. Dit was ’n stryd op twee fronte, om ons beloftes na te kom terwyl ons eers die gemors wat deur die vorige regime agtergelaat is, reg te stel,” het die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, gesê.

Simataa het Sankwasa verder daarvan beskuldig dat hy “verkose amptenare verkleineer” en gewaarsku teen “die vermorsing van staatshulpbronne deur regsprosesse te oorskry, soos sommige ministers al voorheen gedoen het”.

Die komitee sal na verwagting ’n amptelike verslag saamstel gebaseer op die verhoor en verdere stappe mag aanbeveel word, insluitend die moontlikheid van ’n forensiese oudit of verwysing na die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC).

Verskeie oproepe wat aan die Keetmanshoop-munisipaliteit vir kommentaar gemaak is, het onbeantwoord gebly.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-07-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer