Meer as N$2 miljard om staatsdiens te hersien
Om dienslewering in al 121 kiesafdelings te verbeter
Teen 2030 beoog die regering om tevredenheid onder Namibiese burgers met openbare dienste van die huidige 54% tot 70% te verhoog.
Elizabeth Kheibes
Die eerste minister, Elijah Ngurare, het ’n vyfjaar- strategiese plan van N$2,5 miljard bekend gestel wat daarop gemik is om Namibië se staatsdiens te hersien.
Hy het hiermee gedissiplineerde implementering, vernuwing en meetbare uitkomste belowe om dienslewering in al 121 kiesafdelings te verbeter.
Die kantoor van die eerste minister se strategiese plan (2025-’30), wat verlede week bekend gestel is, skets ambisieuse finansiële toewysings vir digitale transformasie, bestuurshervormings, rampveerkragtigheid en herstrukturering van instellings. Die plan kom te midde van groeiende kommer onder burgers oor ondoeltreffendheid, swak aanspreeklikheid en verouderde stelsels in die openbare sektor.
Die grootste deel van die ontwikkelingsbegroting (N$1,3 miljard), is opsy gesit vir outomatisering en die digitalisering van openbare dienste, met kuberveiligheid wat ’n belangrike deel van die plan is met jaarlikse implementeringsplanne wat ontwerp is om regeringstelsels bestand teen bedreigings te maak.
’n Verdere N$1 miljard is toegeken aan spesiale projekte onder die eerste minister se direkte toesig. Kleiner maar beduidende toewysings sluit in N$80 miljoen vir die implementering van die regering se beleid vir vernuwing, N$10 miljoen vir wetgewende hervormings en N$10 miljoen vir die stigting van ’n nasionale noodoperasiesentrum.
Kapasiteitsbou vir staatsamptenare is ook ingesluit, met N$2,5 miljoen wat opsy gesit is vir opleidingsingrypings onder die ontwikkelingsplan vir menslike hulpbronne.
Ngurare het in sy voorwoord van die strategiese plan vorige tekortkominge erken en het die behoefte aan verandering beklemtoon.
“Die staatsdiens is ’n edele onderneming, maar dit kom met verantwoordelikhede wat dissipline, toewyding en vernuwing vereis,” het Ngurare beklemtoon.
Hy het die plan as ’n noodsaaklike hervorming in ’n era beskryf waar verouderde diensleweringsmodelle nie meer lewensvatbaar is nie.
“Wat gister gewerk het, kan nie vandag die norm wees nie. Konvensionele en verouderde diensleweringsbenaderings kan nie as ’n wettige presedent beskou word wanneer dit agteruit beweeg en onvolhoubaar is nie.”
Ngurare het ook die finansiële plan gekoppel aan breër nasionale ontwikkelingsraamwerke en die belyning daarvan met beide Swapo se verkiesingsmanifes (2025-’30) en die sesde nasionale ontwikkelingsplan (NDP6) beklemtoon.
“Ons strategiese plan moet deur Swapo se verkiesingsmanifes vir 2025–’30 en sy implementeringsplan, sowel as NDP6, swem. Ons het daarmee begin,” het hy opgemerk.
Teen 2030 beoog die regering om tevredenheid onder Namibiese burgers met openbare dienste van die huidige 54% tot 70% te verhoog. Hervormings sal wissel van die implementering van kabinetsbeleide, regulatoriese hersienings en inisiatiewe vir vernuwing tot teikens vir digitalisering en die voltooiing van bestuursgeriewe vir ramprisiko’s.
Ngurare het ook belowe om die gaping tussen politieke leierskap en administratiewe uitvoering te oorbrug om aan die verwagtinge van burgers te voldoen,” het hy gesê.
Ngurare het beklemtoon die plan sal nie net ’n dokument wees wat stof opgaar nie.
“Nou is dit tyd om ons moue op te rol en saam te werk tot voordeel van ons mense en ons land. Wat nou nodig is, is ’n voortgesette gemeenskaplike doel, gedissiplineerde implementering en ’n resultaat-gedrewe ingesteldheid deur die hele openbare sektor.”
Die strategiese plan is volgens die eerste minister ’n politieke ooreenkoms tussen die regering en burgers, wat die kontinuïteit van openbare dienste “onder alle omstandighede” belowe en vertroue in die staat hernu.
“Hierdie maatskaplike ooreenkomste is die fundamentele brandstof van ons argitektuur vir regerings- en openbare administrasiebeleide wat weer die vure sal aansteek en die spreekwoordelike warmte tussen die Namibiese volk en hul verkose regering sal herstel,” het Ngurare belowe. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie