NO: City of Windhoek CEO, Moses Matyayi.
NO: City of Windhoek CEO, Moses Matyayi.

Matyayi kap terug na ECB

Verwerp Kahimise se siening
Die CoW is die grootste kragverspreider, en dit is die rede waarom talle rolspelers in die EDI beheer oor sy mandaat wil hê, volgens die hoof van die Windhoekse munisipaliteit.
Sanet Pearson
Ogone Tlhage – Die uitvoerende hoof van Stad Windhoek (CoW), Moses Matyayi, het na die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) teruggekap oor sy “onrealistiese” planne om ’n sentrale streekkragverspreider (RED) te vestig.

Hy het die opmerkings gemaak in reaksie op Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die ECB, se bewerings dat die Stad – oor die langtermyn – nie in staat sal wees om elektrisiteit doeltreffend aan sy inwoners te verskaf nie, en dat hy nie bereid is om landelike gemeenskappe binne die groter Khomasstreek te subsidieer nie.

“Die ECB se assessering van die Stad se toekomstige vermoë om krag te verskaf, is betreurenswaardig, en ewe misleidend en onprofessioneel. Na my mening is dit ’n lae hou, om die minste te sê.

“Ons verwag eerder om ondersteun te word in hoe ons die beste vir die toekoms kan beplan met die hulpbronne tot ons beskikking, en hoe om dit volhoubaar te bestuur,” het Matyayi gesê.

Die ECB doen verder afstand van sy mandaat om elektrisiteit te reguleer, en is besig om homself uitermatig die rol van ’n voorstander van hervorming wederregtelik toe te eien, het hy gesê.

“Dit is dan duidelik dat hulle reeds kant gekies het en hulle is nou tegelykertyd ’n speler en ’n skeidsregter,” het Matyayi verder gesê.

“Die munisipaliteit het sy standpunt aan die minister van myne en energie deurgegee dat die hervorming van die elektrisiteitsverspreidingsbedryf (EDI) onherstelbare skade aan die politieke, maatskaplike en ekonomiese aspek van ons besigheid as plaaslike owerheid sal aanrig,” het hy bygevoeg.

GEEN UITDAGINGS

Die CoW is die grootste kragverspreider, en dit is die rede waarom talle rolspelers in die EDI beheer oor sy mandaat wil hê, het Matyayi gesê.

Hy het verder Kahimise se siening verwerp dat die munisipaliteit waarskynlik probleme sou ondervind rakende sy verpligting om elektrisiteit aan sy kliënte te verskaf.

“Die CoW het geen uitdagings gehad nie, en ons het ook nie probleme met die bestuur van ons elektrisiteitsafdeling as deel van ons kernmandaat nie. Die munisipaliteit het die vermoë om voort te gaan om elektrisiteit vir die volgende 50 jaar te verskaf sonder EDI-hervorming. Ek is nie seker waar hul inligting vandaan kom nie, maar dit mislei die publiek,” het hy gesê.

“Ons skuld niks aan NamPower nie. Ons bestuur, sonder enige twyfel, ons elektrisiteit doeltreffend. Hoekom moet ons nou in twyfel getrek word, eerder as om ondersteuning te ontvang om hierdie goed bestuurde hulpbron te laat groei?”

Matyayi het bygevoeg dat RED’s min tot geen doel in die energie-ekosisteem gedien het nie, en plaaslike owerhede van inkomstegeleenthede weerhou het.

“Dit is waar dat die RED-model kannibalisties is en ’n volgehoue poging is om die plaaslike owerheidsektor af te breek en dit ondoeltreffend te maak. Dus is en sal ons nie deel wees van sulke bevooroordeelde oplossings nie,” het Matyayi opgemerk.

“’n Sentrale RED was met sy aankoms reeds dood en sal ’n dooie perd bly omdat ons verstaan dat dit maklik die land se ekonomie kan lamlê. Nasionale veiligheidskwessies is aan ’n RED-model vir die Stad, of EDI-hervorming gekoppel,’ het Matyayi gesê.

“Die huidige RED-model maak nie voorsiening vir aandeelhouers om waarde te maksimaliseer nie. RED’s het nog nooit enige dividend aan plaaslike owerhede betaal as aandeelhouerswaarde of opbrengs op beleggings (bates) nie.

“Ons kan nie net aandele in ’n maatskappy hou wat nooit die gewenste opbrengs lewer nie,” het hy bygevoeg.

Matyayi het belowe om nie die CoW aan enige RED te verbind nie, en noem dit ’n mislukte strategie.

“As ’n stad kan ons nie blindelings die mislukte strategie onderskryf sonder om eerlike introspeksie te doen oor die lesse wat geleer is en hoe om dit optimaal te verbeter om ’n bemagtigende omgewing vir alle rolspelers te vestig nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 1 vs 0 Brentford | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Everton 1 vs 0 Brentford | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Wolves 2 vs 1 Luton Town | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026