Loterykompetisies soos hier in 2019 is nie meer so eenvoudig in Namibië nie. Foto WE / argief
Loterykompetisies soos hier in 2019 is nie meer so eenvoudig in Namibië nie. Foto WE / argief

Lotto-wet trek vuur

Baie vrae oor nuwe regulasies
Groot boetes en moontlike tronkstraf kan reeds uitgemeet word aan diegene wat die nuwe wet op Loterye en verbandhoudende regulasies oortree.
Augetto Graig
Oningeligtheid en onsekerheid oor nuwe voorskrifte vir byna alle loterye, gelukstrekkings, promosiekompetisies en sportweddery mag volgens die regering nie ’n verskoning wees vir instansies, ondernemings en individue wat nuwe wetgewing in die verband pypkan nie.

Die Wet op Loterye van 2017 het op 1 Desember dadelik en volledig van krag geword toe regulasies vir die uitvoering daarvan in die Staatskoerant gepubliseer is.

Sommige regslui betwis of die regulasies redelik en prakties uitvoerbaar is. Fyn besonderhede skep ‘n mynveld vir Jan en San Alleman.

Die prokureursfirma Cronjé Inc. se raad is dat enige besigheid wat promosiekompetisies aanbied regs­advies inwin voor hulle voortgaan met enigiets wat moontlik strydig met die nuwe wet is.

“Dis belangrik om kennis te neem van die wet, aangesien dit verskeie promosies en kompetisies verbied wat tans in Namibië gehou word,” waarsku die prokureurs. Oortreders kan ’n boete van tot N$100 000, tronkstraf van tot twee jaar,,of beide op die hals haal.

Basies is enige kompetisie wat op geluk eerder as vaardigheid gebaseer is en nie deur die nuwe loteryeraad goedgekeur is nie nou onwettig.

Volgens die prokureurs ignoreer hierdie wet en regulasies verskeie praktiese en kommersiële kwessies in verband met sakebedrywighede. Met betrekking tot promosiekompetisies is veral regulasie 57 problematies, sê hulle, omdat dit vereis dat onafhanklike rekenmeesters, ouditeure of regspraktisyns se dienste betrek moet word.

Besonderhede oor kompetisies moet in detail gerapporteer en geverifieër word. Die regulasies beperk die gesamentlike waarde van pryse vir promosiekompetisie tot N$12 miljoen of tot ses pryse van minder as N$1 miljoen elk.

“’n Basiese wiskundige berekening sou die voorgenoemde bepaling heeltemal onversoenbaar maak,” skryf die prokureurs. Hulle sê daar is talle Namibiese ondernemings wat promosies met meer as ses pryse bied.

Omdat artikel 73 van die wet ’n statutêre oortreding skep, word nou van alle besighede in Namibië verwag om die aard van hul promosies en kompetisies te verander.

By navraag het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bevestig dat geraakte kompetisies steeds aangebied en geadverteer mag word - maar alleenlik as dit vooraf goedgekeur is.

Die woordvoerder vir die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, voeg by dat oorgrensloterye ook by die raad moet registreer.

Hy sê die ministerie is steeds besig om die raad volledig op die been te bring voor stappe teen enige oortreders gedoen word. Die loteryeraad moet sy eie werknemers aanstel, insluitend inspekteurs, en sal met behulp van die Namibiese polisie die wet handhaaf en afdwing, sê Muyunda.

Hy sê dis nog te vroeg om die omvang van implikasies van die wet te peil. Die nuwe wettige raamwerk is bedoel om die loterybedryf te verbeter, sê hy.

“Die ministerie bly oop vir voortgesette betrokkenheid by die implementeringsproses van die nuwe loterywet en regulasies. Ons moedig die rolspelers in die bedryf aan om aan die nuwe wet te voldoen en die ministerie te nader vir enige verduidelikings,” sê hy.

Die sakeman mnr. Shahil Morar van raffles.com.na sê egter dis nie so eenvoudig nie.

“Ons pogings om die ministerie te kontak, werp nie vrugte af nie, wat dit moeilik maak om dringend die nodige uitklaring te kry,” sê hy.

“Daar is teenstrydighede in die wet en dit blyk dit was sonder deelname van die publiek of belanghebbers ontwikkel. Die beperkinge op advertensies en kostes is onprakties en maak die promosie van sulke aktiwiteite amper onmoontlik,” sê hy.

“Ons is nietemin wetsgehoorsame burgers en ons sal voortgaan om die ministerie te kontak vir verduideliking. Ons het egter beloftes aan die publiek in terme van pryse en waardes gemaak en ons beoog om dit na te kom,” dring hy aan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%