Lig in die tonnel vir Okahandja
Verskeie opgraderings byna voltooi
Die opgraderings dui op 'n beduidende keerpunt vir die voormalige 'Tuindorp' met miljoene dollars in beleggings wat infrastruktuur, dienslewering en die welstand van die dorp se inwoners positief sal verander.
Aurelia Afrikaner
Okahandja se toekoms is blink met vordering wat gemaak word met belangrike ontwikkelingsprojekte op die dorp wat deur die munisipaliteit gedryf word.
Die burgemeester Beatrice Kotungondo het vandeesweek ’n gedetailleerde opdatering gegee oor die vordering wat gemaak word met betrekking tot infrastruktuur, dienslewering en gemeenskapsontwikkeling wat dui op ’n groot verskuiwing vir een van Namibië se vinnigste groeiende dorpe.
Kotungondo het tydens ’n inligtingsessie met raadslede, lede van die media en inwoners haar trots uitgespreek oor die projekte wat voltooiing nader.
“Dit is met groot trots en eer dat ek voor julle staan om die vordering met julle te deel wat ons geliefde dorp Okahandja deur verskeie ontwikkelingsprojekte gemaak het”, het sy gesê.
Onder die hoogtepunte was die amptelike opknapping van die Nau-Aib munisipale kantoor wat vanaf Donderdag ten volle funksioneel is. Kotungondo het die geriewe as ’n simbool van dienslewering beskryf.
“Alles wat by die kantoor hier in die dorp beskikbaar is, sal ook by die kantoor in Nau-Aib beskikbaar wees. Dit spreek direk tot die behoefte om dienste nader aan ons mense te bring,” het sy verduidelik.
Brandweerstasie
Een van die dorp se belangrikste ontwikkelings is die konstruksie van ’n nuwe brandweerstasie, ’n projek ter waarde van meer as N$7,2 miljoen. Okahandja se brandweerdienste is vir etlike jare vanuit ’n werkswinkel bedryf wat die dorp kwesbaar gelaat het. Tans is die konstruksie van die nuwe brandweerstasie 99% voltooi en is die amptelike inhuldiging geskeduleer vir volgende Vrydag 10 Oktober. Kotungondo sê die nuwe geriewe is ’n baken van veiligheid en voorbereiding en sal verseker dat daar vinnig op noodgevalle gereageer kan word.
Paaie en sanitasie
Met verwysing na padinfrastruktuur. sê Kotungondo is die opgradering van die pad in Uitbreiding 9 van gruis na teer is 90% voltooi en sal na verwagting vandeesmaand voltooi word. Die projek, wat deel vorm van ’n groter belegging van N$12 miljoen in Okahandja se padnetwerk, is daarop gemik om mobiliteit te verbeter, veiligheid te verhoog en ekonomiese aktiwiteit te bevorder.
Volgens die burgemeester is meer as 1 812 slaggate oraloor die dorp sedert Februarie herstel. Intussen het die raad N$24 miljoen verkry vir kritieke herstelwerk aan die dorp se rioolnetwerk wat na verwagting binnekort sal begin. Kotungondo het erken dat Okahandja se bestaande riool- en waterinfrastruktuur oorspronklik ontwerp is om slegs 5 000 inwoners te bedien. Vandag het Okahandja se bevolking eksponensieel so gegroei dat die tuiste van sowat 45 159 inwoners is.
“Dit is waarom ons altyd probleme ervaar met pype wat bars,” het sy gesê en die dringende behoefte aan die modernisering van infrastruktuur beklemtoon.
Kotungondo het die belangrikheid van kinders se welstand beklemtoon en gesê speelgrondprojekte oraloor Okahandja is tans 90% voltooi. Die ontspanningsgeriewe weerspieël volgens haar die munisipaliteit se verbintenis om veilige en koesterende ruimtes vir die dorp se jongste burgers te bied.
Informele nedersettings
Die burgemeester het ook die jongste inligting gedeel oor pogings om informele nedersettings en in veral Ekunde 1, 2, 3 en 6, op te gradeer. Die projekte sluit in die afbakening, opmeting en ook gronddienste in wat op N$24 miljoen beraam word.
Tans is die vordering in Ekunde 1 (90%), Ekunde 2 (70%), Ekunde 3 (65%) en Ekunde 6 (95%). Elke blok staar unieke uitdagings in die gesig, maar Kotungondo het die raad se toewyding beklemtoon om uitlegte met breër ontwikkelingsplanne in lyn te bring om ordelike stedelike groei te verseker.
Uitdagings en oplossings
Weens die vinnige uitbreiding van Okahandja word geweldige gedruk op die dorp se infrastruktuur geplaas wat oorspronklik ontwerp is vir net 5 000 inwoners, dit terwyl die inwonerstal tienvoudig vermeerder het, sê Kotungondo. Dié wanverhouding dra volgens haar by tot volgehoue uitdagings met die voorsiening van water, sanitasie en die toewys van grond.
Sy het egter die versekering gegee dat die munisipaliteit opgraderings prioritiseer om aan die eise van ’n moderne en groeiende dorp te voldoen.
Vennootskap
Die burgemeester het die suksesse wat tot dusver behaal is, toegeskryf aan samewerking tussen die leierskap, raadspersoneel en die gemeenskap. “Hierdie projekte is ’n bewys van wat ons kan bereik wanneer ons saamwerk as leiers, gemeenskapslede en belanghebbendes vir die verbetering van Okahandja,” het Kotungondo gesê.
Sy het afgesluit deur haar dank uit te spreek teenoor die raad, die bestuurspan en inwoners vir hul volgehoue ondersteuning en geduld. “Laat ons saam voortgaan om ’n voorspoedige, veilige en vooruitstrewende Okahandja te bou,” het sy gesê.
Die opgraderings dui op ’n beduidende keerpunt vir die voormalige ‘Tuindorp’ met miljoene dollars in beleggings wat infrastruktuur, dienslewering en die welstand van die dorp se inwoners positief sal verander. Vir baie inwoners sal die voltooiing van hierdie projekte die begin van ’n nuwe hoofstuk in die dorp se ontwikkelingsreis aandui.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie