‘Leierskap in onderwys is sleutel tot vooruitgang’
Skoolhoofde het kernrol
Die onderwysminister het die behoefte aan inklusiwiteit, gelyke toegang vir meisies en seuns en ondersteuning vir leerlinge met gestremdhede en in gemarginaliseerde gemeenskappe beklemtoon.
Aurelia Afrikaner
Leierskap is nie beperk tot ministers of administrateurs nie, maar dit word gevind in die toewyding van onderwysers, die verbintenis van skoolleiers, die entoesiasme van leerlinge en die ondersteuning van gemeenskappe.
Dit was die boodskap van die minister van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, Maandag tydens die amptelike opening van die algemene jaavergadering van die Namibiese Nasionale Kommissie vir die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco) binne die onderwysministerie in Windhoek.
Dit fokus op die Globale Onderwysmoniteringsverslag 2024-’25 (GEMR), getiteld “Leierskap in Onderwys: Lei vir Leer.” Die verslag beklemtoon die kritieke rol van doeltreffende leierskap in die vorming van onderwysuitkomste wêreldwyd, terwyl dit ook die impak van maatskaplike, kulturele en bestuursfaktore ondersoek.
“Die Globale Onderwysmoniteringsverslag 2024-’25 herinner ons aan ’n eenvoudige, maar diepgaande waarheid: Leierskap in onderwys is die dryfveer van vooruitgang,” het Steenkamp gesê.
“ Dit is hierdie kollektiewe leierskap wat ’n verskil maak aan die gehalte van onderwys en aan die inklusiwiteit van ons stelsels.”
Terwyl daar aangedui word dat Namibië toegang tot onderwys verbreed, in onderwysopleiding belê en vernuwing bevorder het, het die ministerie voortdurende uitdagings erken, soos erge onderwysertekorte in landelike gebiede, ongelyke onderriggehalte en volgehoue finansieringsdruk.
Die direkteur van GEMR, Manos Antoninis, het uitgelig dat die aantal kinders, tieners en jeugdiges wat nie skoolgaan nie, met 80 miljoen toegeneem het sedert 2015 en tans op 272 miljoen staan.
Hy het aangedui dat dit die behoefte beklemtoon dat skoolhoofde op hul kernrol moet fokus, naamlik om leer te help verbeter. In middelinkomstelande spandeer skoolhoofde meer as twee derdes van hul tyd aan administratiewe take, volgens ’n opname deur Global School Leaders en die World Care Planning Organisation.
Steenkamp het verder geleenthede uitgelig wat aangegryp moet word, insluitend die integrasie van tegnologie in skole en die bekendstelling van die kunsmatige intelligensie (AI) se gereedheidsassesseringsverslag om leerlinge met digitale vaardighede toe te rus. “Ware leierskap vereis moed om ongelykhede te takel en kreatiwiteit om stelsels te ontwerp wat geskik is vir alle leerlinge,” het sy gesê.
Steenkamp het die behoefte aan inklusiwiteit, gelyke toegang vir meisies en seuns en ondersteuning vir leerlinge met gestremdhede en in gemarginaliseerde gemeenskappe beklemtoon. Die minister het die regering, akademici, die burgerlike samelewing en gemeenskappe versoek om saam te werk om onderwyserontwikkeling te versterk, in vernuwing te belê en jongmense voor te berei vir die eise van ’n veranderende wêreld.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie