ON YOUR OWN: About 30 shacks were destroyed in a fire in Kuisebmond in March, in which a three-year-old boy died. PHOTO: FILE
ON YOUR OWN: About 30 shacks were destroyed in a fire in Kuisebmond in March, in which a three-year-old boy died. PHOTO: FILE

Kusdorp wil busse koop met brandweer se begroting

Mathias Haufiku
Die Walvisbaai-munisipaliteit se besluit om die beplande konstruksie van ’n brandweerstasie ter waarde van N$4 miljoen by Twaloloka te laat vaar en eerder die geld te gebruik om munisipale busse aan te skaf, is met hewige teenkanting begroet.

Die informele nedersetting – wat intussen na Otweya herdoop is – het in Julie 2020 landswyd nuusopskrifte gehaal toe dit deur ’n reusebrand geteister is wat huise verwoes het, honderde dakloos gelaat het en waarin ’n kleuter dood is.

Die brandweerstasie sal nie net dienste aan die nedersetting lewer nie, maar sal ook broodnodige brandbestrydingsdienste aan nabygeleë plakkersgebiede soos Tutaleni, Namport en die nuwe munisipale huise aan die buitewyke van die hawedorp verskaf.

Na verwagting sal die stasie ’n gemeenskap van minstens 20 000 mense dien.

Die besluit om busse aan te skaf pleks daarvan om ’n brandweerstasie te bou, is nie goed ontvang nie, veral in ag genome dat daar ná die brand in 2020 verskeie brandverwante voorvalle by die informele nedersetting voorgekom het.

Trouens, net vyf maande later het nog ’n brand sowat 30 huise in die nedersetting vernietig.

Vanjaar het ’n brand in Tutaleni ’n kleuter se lewe geëis en 100 mense dakloos gelaat.

PLANNE LAAT VAAR

Die besluit om die bou van die brandweerstasie te laat vaar, is vervat in munisipale e-posse wat verband hou met die munisipaliteit se operasionele uitgawes vir die 2023-boekjaar. Dit is geskryf deur die munisipaliteit se finansiële bestuurder, mnr. Frans Gonteb.

Intussen het munisipale amptenare, wat verkies het om anoniem te bly, gesê die afstand wat brandweerwaens van die Mautamanene-brandweerstasie na Twaloloka moet ry, is deel van die rede waarom brandbestrydingspanne nie daarin slaag om brande te stop voordat huise in puin gelê word nie.

“Ons kan ons toerusting koop en opgradeer, maar om met ’n brandweerwa van hierdie stasie na Tutaleni se kant toe te ry, het ’n uitdaging geword. Van hierdie stasie na die Tutaleni-polisiekantoor het jy sowat sewe spoedbulte en baie stilhoupunte. Met ’n wa is dit ’n uitdaging,” het een van die amptenare gekla.

Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem die munisipaliteit het reeds honderdduisende dollars aan konsultante bestee om die konstruksieprojek, wat hy nou wil laat vaar, te laat realiseer.

‘MUNISIPALE BUS VIR WIE?’

Mnr. Tegako Donatus, raadslid van die Walvisbaai-landelike kiesafdeling, het die plan veroordeel om nie die brandweerstasie te bou nie en gesê “die behoefte aan ’n brandweer is dringend”.

Die besluit het Donatus glo onkant gevang en hy het gesê: “Ek is nooit persoonlik geraadpleeg vir my insette as ’n streekraadslid wat deur die besluit geraak word nie.”

“Munisipale bus vir wie? Watter waarde sal die bus vir die plaaslike gemeenskap hê? Sal die munisipale bus as brandweer optree en brande blus wat alewig in die gebied uitbreek?” het hy Woensdag in reaksie op Namibian Sun se vrae gereageer.

“Die begrotingsvoorlegging aan die publiek – wat ek bygewoon het – is ook gedoen nadat die begroting reeds deur die streekraad goedgekeur is,” het hy bygevoeg.

Donatus het gesê planne om ’n brandweer in die gebied te vestig was gevorderd en is “in die vorige begroting ingereken”.

“My vraag is, wat het hul besluit geïnspireer? Is dit die gemeenskap wat die bus wil hê in plaas van die brandweerstasie? Of is daar ’n afname in brandvoorvalle in die gebied? Ek sal bly wees as ons met die brandweerstasie kan voortgaan om brande in die gebied te verminder,” het hy gesê.

BEPLAN VOORUIT

Volgens sy bestedingsplanne wil die munisipaliteit die N$1 miljoen wat begroot is om ’n grensmuur om die Narraville-sportveld te bou, tot N$500 000 verminder. Die plan is ook om N$1 miljoen te bestee om infrastruktuur by dieselfde veld te herstel.

’n Verdere N$500 000 sal aangewend word om ’n kuns- en kultuursentrum by Narraville te bou.

Sowat N$5 miljoen is geoormerk om paaie in Narraville en Kuisebmond te teer, terwyl daar ook planne is om grond beskikbaar te stel waarop ’n kliniek in Walvisbaai se landelike kiesafdeling gebou gaan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12%