Kragonderbreking kniehalter kultuurfees op Katima
Verkopers by die Zambezi Bream Kultuurfees-ekspo op Katima Mulilo het kommer uitgespreek oor die gebrek aan elektrisiteit by hul stalletjies sedert Saterdag.
Die handelaars sê die kragonderbrekings knaag aan hul wins, veral nadat hulle N$1 500 vir hul stalletjies betaal het. Hulle sê sommige is gedwing om herhaaldelik ys te koop om drankies koud te hou, terwyl die gebrek aan elektrisiteit ook hul stalletjies sonder musiek en vermaak gelaat het.
Katima Mulilo se burgemeester, Kabende Kabende, het gesê hulle smeek Nored om die probleem op te los, maar “burokratiese knelpunte” het ’n oplossing vertraag.
Hy vra die handelaars om verskoning en het gesê handelsure sal verleng word om hulle te help om hul verliese te verhaal.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie