Koste van ambisieuse dam in die Oranjerivier neem toe
Konstruksie beraam op sowat N$4 miljard
Die projek, wat al sowat 15 jaar op die tafel is, val onder die Oranje-Senqu-rivierkommissie (Orasecom), wat uit Namibië, Suid-Afrika, Lesotho en Botswana bestaan.
Die planne om ’n groot dam in die Oranjerivier te bou – ’n projek wat lank reeds as noodsaaklik vir Namibië en Suid-Afrika se watersekerheid beskou word – het in beide omvang en koste gegroei.
Die minister van landbou, visserye, water en grondhervorming, Inge Zaamwani, het verlede week in Kaapstad bevestig die beplande dam in die omgewing van Vioolsdrift (Suid-Afrika) en Noordoewer (Namibië) sal groter en duurder wees as wat vroeëre beramings voorgestel het.
Die projek, wat al sowat 15 jaar op die tafel is, val onder die Oranje-Senqu-rivierkommissie (Orasecom), wat uit Namibië, Suid-Afrika, Lesotho en Botswana bestaan.
Die aankondiging is gemaak tydens die Afrika-Unie (AU) se Waterbeleggingsberaad 2025, wat onder Suid-Afrika se G20-presidentskap gehou is. Die beraad het Afrika se reuse- jaarlikse beleggingstekort van US$30 miljard in die watersektor beklemtoon.
Volgens Zaamwani het Namibië en Suid-Afrika hulle tot ’n nuwe gesamentlike haalbaarheidstudie vir die dam verbind.
Die studie sal US$2,5 miljoen (sowat N$44 miljoen) kos, wat tussen die twee lande verdeel sal word. Indien die projek voortgaan, kan konstruksie ongeveer US$231 miljoen (N$4 miljard) kos. Die twee lande se regerings hoop om private beleggers te lok om die las op belastingbetalers te verlig.
Ter vergelyking het Namibië se Neckartaldam naby Keetmanshoop Namibië N$5,7 miljard gekos. Tog het Zaamwani beklemtoon dat die dam in die Oranjerivier noodsaaklik is vir langtermyn-watersekerheid, sosioëkonomiese ontwikkeling en die versekering van ekologiese vloei na die onderlope van die rivier.
NóG PLANNE
Benewens die dam werk Namibië ook aan verskeie ander groot waterinisiatiewe.
Dit sluit in ’n tweede kus-ontsoutingsaanleg en die rehabilitasie van ou infrastruktuur, wat deur laerentelenings van ongeveer N$4 miljard van die Afrika-ontwikkelingsbank en die Duitse ontwikkelingsbank (KfW) ondersteun word. Die doel is om veilige watertoevoer en sanitasie in beide landelike en stedelike gebiede uit te brei. Die dam in die Oranjerivier is slegs een deel van ’n selfs groter nasionale ontwikkelingspyplyn.
Die regering het ook ambisieuse planne aangekondig vir die lank uitgestelde Baynesdam in die Kunenerivier, ’n nuwe olieraffinadery, ’n kernkragstasie, spoorwegverbindings vanaf Katima Mulilo na Kaap Fria en van Gobabis na Buitepos, sowel as ’n reuse-diepwaterhawe suid van Lüderitz. Saam beloop hierdie projekte tientalle miljarde Namibiese dollars – ’n reusesyfer in ’n tyd wanneer Namibië se staatskuld net minder as N$165 miljard beloop.
Kritici wys daarop hoewel dié projekte as noodsaaklik vir toekomstige groei beskou word, baie kinders in die land steeds onderrig in tydelike klaskamers ontvang.
Vir nou is die Noordoewer-Vioolsdriftdam steeds in die beplanningsfase, met meer studies wat nog moet volg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie