Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Kollig-kalender 17 Oktober 2025

Iréne-Mari van der Walt
VANDAG • 18:30 – Die Unam-koorkonsert vind in die Universiteit van Namibië se hoofsaal in Windhoek plaas, gelei deur dirigent Bonnie Pereko. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



• 18:30 – People of Song kombineer Namibiese musiektradisies soos dreunsang, liggaamsperkussies en koorsang met ’n simfonieorkes en tradisionele instrumente soos djembes en marimbas. Die optrede vind by die Nasionale Teater plaas met ’n tweede vertoning die 18de. Kaartjies begin vanaf N$170 en is via webtickets.com.na beskikbaar.



• 19:00 – Vandeesmaand se Acoustic Friday vind by die Frans-Namibiese Kultuursentrum met Benjamin Piat en Bruno Guelen plaas. Kaartjies kos N$80 vooraf en N$120 by die deur.







MôRE• 08:30 – Hats and Roses – ’n bewusmakingsgeleentheid vir kanker onder die tema “Queen of Bubbles” vind in die Tamariskia-saal in Swakopmund plaas. Kaartjies begin vanaf N$550.



• 09:30 – Cup4Cancer by die NG-kerksaal op Okahandja, met Alinda Lu’Mar. Kaartjies kos N$200, wat ’n ete insluit.



• 17:00 – Musiek Adrenalien met Riaan Smit, Irene-Louise van Wyk en Barto Swiegers by die Tony Rust-renbaan. Kaartjies kos N$250 en is beskikbaar via howler.co.za.



• 19:00 –Ray Dylan, Dusty Dixon en Jo Nichol tree by Two Oceans op Walvisbaai op. Kaartjies kos N$150 by die deur.







DINSDAG 21 OKTOBER



• 18:30 – Die FNB Windhoek Woordfees, in samewerking met Krit, bied Eddie Turner in gesprek met Dana Snyman by die NG Kerk Windhoek-Oos (Hugelstraat) aan. Kaartjies kos N$50 by die deur, maar voorafbesprekings is nodig.



• 19:00 – Die Spaanse ambassade in Namibië bied die Fetén Fetén-musiekkonsert in die Nasionale Teater aan. Kaartjies is gratis.







DONDERDAG 23 OKTOBER• 18:00 – Die Unam-uitstalling met die werke van finalejaarstudente, agter die verhoog by die Nasionale Teater. Kaartjies kos N$50 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



• 19:00 – ’n Geïllustreerde praatjie by die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (Hugelstraat, Windhoek) deur Jessica Steyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer