Koeler September voorspel
Julie was warmer as gewoonlik
Die meeste weerstasies het in Julie minder as 5 mm reënval volgens die Climate Watch-verslag van die Namibië Meteorologiese Diens aangeteken.
In Julie was die reënval in Namibië oor die algemeen laag, tipies van die droë winterseisoen met die hoogste reënvalsyfer by Rooisand in sentraal-Namibië van 28,2 mm, gevolg deur Gobabis in die Ooste met 11,6 mm en Oranjemund in die suidweste met 6,5 mm.
Die meeste weerstasies het minder as 5 mm aangeteken, volgens die Climate Watch-verslag van Julie van die Namibië Meteorologiese Diens in die ministerie van werke en vervoer.
Matige reënval tussen 2 mm en 4 mm is aangeteken by stasies soos Narais-Duruchaus, Karios, Sachinga en Windhoek, terwyl die Noorde, Weste en kusgebiede slegs ligte reënbuie van 1 mm of minder ontvang het.
“Oor die algemeen was die mees noemenswaardige reënval gekonsentreer in die sentrale hooglande en suidoostelike binneland, met slegs verspreide ligte reënval in ander streke,” lui die verslag.
6DE WARMSTE JULIE IN 14 JAAR
Namibië het die sesde warmste Julie in die afgelope 14 jaar beleef met ’n gemiddelde temperatuur van 16,5°C, 0,4°C bo die langtermyn-gemiddelde van 1991 tot 2020.
“Temperature regoor Namibië het ’n duidelike dalende neiging van noord na suid getoon, met warmer toestande in die Noorde en koeler toestande in die Suide. Die hoogste maandelikse gemiddelde temperature is in die noordelike en noordwestelike streke aangeteken, wat wissel tussen 17°C en 20°C,” lui die verslag.
In teenstelling hiermee het die sentrale gebiede, insluitend die Khomas Hochland, sowel as die Hardapstreek, koeler toestande ervaar wat wissel van 13°C tot 16°C. Hierdie temperature het ook oor die meeste dele van die Otjozondjupastreek en suidwestelike Namibië gestrek.
“Die koeler toestande weerspieël die seisoenale invloed van die winter; geen groot koue fronte het die land egter beïnvloed nie. Oor die algemeen het matige tot koel temperature die grootste deel van Namibië gedurende die maand oorheers, wat ongewoon is vir Julie,” lui die verslag.
Oor die algemeen het die grootste deel van Namibië gedurende Julie 2025 warmer as gemiddelde toestande ervaar, met temperatuurawykings van tussen 0,5°C en 2,5°C wat oor die sentrale, suidelike en oostelike streke gewissel het.
In die sentrale gebiede het veral dele van Khomas, insluitend Windhoek, Gobabis en Kanovlei in die Noordooste, afwykings van 3°C oorskry.
“Dit dui daarop dat baie gebiede effens tot merkbaar warmer as ’n tipiese Julie was. In teenstelling hiermee het koeler as gemiddelde toestande in die Noordweste in die Kunenestreek en dele van die westelike-sentrale binneland voorgekom, met afwykings van tussen –0,5°C en –1,5°C.
“’n Klein deel in die westelike binneland, veral in die Namibwoestyn, het sterk afkoeling ervaar, met temperature wat onder –3°C bereik het.”
Volgens die weerkantoor dui die temperatuurvoorspelling vir September op ’n waarskynlikheid van ondergemiddelde temperature oor die meeste dele van die noordelike helfte van Namibië, insluitend die sentrale dele. In teenstelling hiermee sal bogemiddelde temperature waarskynlik in die uiterste suidwestelike en suidelike dele van die land heers.
“Binnelandse temperature sal na verwagting tussen 15°C en 20°C oor die sentrale streke, die Suide en die Namib heers. Gebiede in die noordelike helfte en geïsoleerde dele van die Suide kan temperature tussen 20°C en 23°C ervaar. Die verre Noordooste, sowel as sekere gebiede in die sentrale Noorde en verre Noordweste, sal waarskynlik gemiddelde temperature van 25°C ervaar.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie